Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Hetsy vir vakansie of net vir 'n naweek se ontspan, bly Mosselbaai altyd een van die beste plekke om na te gaan."
"Ons was al baie in Witsand, maar het nog nooit so 'n ondervinding beleef nie. Witsand se mense is so fantasties en vriendelik. Ek kan nie glo wat gebeur het nie. Ons het so lekker altyd gekuier in Witsand."
"Daar is nie veel te doen of sien nie, maar die gastehuis was so lieflik, ek het niks werklik gekort nie."
"Oor die algemeenn gelukkig. Dit hang af wat jy soek. Ek wou juis in stilte sonder karre en malls, flieks en resturante in vrede gaan vakansie hou. So as dit is waarna jy soek is St. Helenabaai perfek. Dit is ook naby genoeg aan Vredenburg as jy winkels wil besoek. Vir kos en wyn beskik St. Helenabaai en sy winkels oor genoeg verskeidenheid. Kan dit aanbeveel en kan nie wag om weer daar vakansie te hou nie."
"Een dag maksimum nodig vir die dorp. Geen badkamers by vuurtoring of Suidpunt vir besoekers nie. Agulhas Nasionale Park is nie oop vir dagbesoekers nie, slegs vir persone wat peperduur verblyf binne kan bekostig."
"Alhoewel ons nie Stanford self besoek het nie (rondom 30minute se ry van die plaas) en weggekruip het op die plaas omdat ons alles tot ons beskikking gehad het, het ons wel verby Stanford gery en is ons baie opgewonde om in die vervolg die dorpie ook te besoek, veral oor die pragtige ligging en besienswaardighede in die omgewing."
"'n Pragtige dorpie met vriendelike mense. Strand is mooi en skoon en die afdelingswinkels maak voorsiening vir alles wat nodig is tydens 'n vakansie. Heelwat restaurante en Sandbaai, met 'n groterige "mall", is baie naby. Baie mooi omgewing."
"I would not visit there to holiday or to stop over. I visited in order to visit a friend who lives in Suurbraak but cannot accommodate a guest."
"Daar is 'n wye verskeidenheid van aktiwiteite - van see, berg en bos met genoeg alternatiewe vir alle weersomstandighede."
"Just awesomeness, everyone was so friendly, and everything central. View and the food was delicious."