Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"The best destination ever, I hardly used the navigator because it is straight forward. "
"Alhoewel Oudtshoorn maar 'n stewige rit uit die Kaap is, is ek nooit jammer dat ek so ver gereis het teen die einde van my besoek nie. Met die Kango Grotte wat altyd 'n nuwe ervaring is (maak nie saak hoeveel keer mens al daar was nie), die verskeie wildreservate, interessante winkels, koffiewinkels en restaurante bied Oudtshoorn meer aktiwiteite as wat mens kan inpas in selfs 'n twee weke besoek."
"Dit bied rustigheid met al die kleinhoewes, geen verkeer en die ongelooflike uitsig van alle kante. Dit is naby alle fasiliteite."
Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
The Stellenbosch Hotel"Fantastiese ligging in ou historiese gebou."
"Ligging van oord is nie net wonderlike Houtbaai nie, maar ook naby genoeg vir alle besienswaardighede in die Kaap. 30 minute van lughawe af, 20 min van Kaapstad af. "
"Altyd lekker, maar soms kan die plaaslike smouse regtig pla en lastig wees."
"Ons was net jammer dat die Faerie Sanctuary nie oop was nie! Sal volgende keer ons tyd so inruim dat dit in seisoen is!"
"Het nie veel geleentheid gehad vir indiepte-ondersoek van moontlikhede nie maar die rustigheid is alreeds 'n bonus. Die behoeftes van die toeris sal sukses van die bestemming bepaal."
"Ons het in Boggomsbaai gebly, het tot by Vleesbaai gery, maar dit het dan vir my soos 'n geslote privaat ontwikkeling gelyk."
"Oudsthoorn is alombekend as die Karoo kuierdorp, dit getuig van al hul gaste huise, B&B's en eetplekke wat daar is."