Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 38192 resensies.
"1ste keer in die dorpie gewees. So bly ons het besluit om 70 km van N1 af te draai na Montagu. 'n Juweel van 'n dorpie."
"Montagu is 'n pragtige dorpie met al die geriewe wat 'n mens van so 'n dorp kan verwag. Die enigste probleem is dat die selfoonseine in die dorp uiters swak is. En ek het beide MTN en Vodacom toegang. Dit het veroorsaak dat ons by inklok nie met ons gasheer kon kontak maak nie en byna het dinge skeef geloop. Ek is van mening dat die dorpsowerhede regtig met die selfoonbase moet in verbinding kom om seker te maak dat die sein sterk en beskikbaar is. Geen of swak kontak kan toerisme baie negatief raak."
"Hartenbos en Mosselbaai is vir my die plekkie om te gaan. George is nie ver van hulle nie, maar Mosselbaai bly nog steeds my hart se punt."
"Yzerfontein is pragtig, maar wind was ysig koud gewees. Pak maar genoeg warm goed in, winter of somer. Natuurskoon is baie mooi."
"Eindelose opsies van attraksies binneland asook langs die kus. Sal beslis weer teruggaan!"
"Fantastiese natuurskoon. Die botaniese tuin is ‘n moet, daar is maklike toegang (rolstoel vriendelik) met lieflike bankies sowel as verder staproetes. Die pikkewyne is ook ‘n heerlike besoek vir oud en jonk."
"Daar is uitstekende restaurante met goeie kos en puik diens. Alles in die dorp is stapafstand van mekaar. Wynproe deur om op die Wine Tram te gaan is absoluut die moeite werd. Ons het die paar dae in Franschhoek baie geniet."
"Mosselbaai het ons harte gesteel. Die strate, strande en omgewing is pragtig en skoon. Al die mense is baie vriendelik. Dit is definitief my nuwe, permanente vakansieplek."
"The local industry can be advertised to guests. We only learned about them through our friends, i.e. the Saturday market which is great, Simply Bee, and we now also understand there is an art gallery and a small theatre in town. We always buy meat at the local butcher to take make home and there is a wonderful nursery not far from town. I am sure I am missing a couple of things, but these can be draw cards for people from the city to visit Hopefield and stay in the hotel!"
"Interessant stories oor spook-legende, heerlike restaurant Hungry Ghost met lekker kos en waarde vir geld."
"Oulike weskusdorpie met veel meer om te doen as wat 'n mens besef. Die plaaslike kultuur is 'n belewenis!"
"Beautiful town with lovely, historic buildings. People in the town were extremely helpful and assisted us in fixing a car problem to get us back on the road."
"Fantastiese mooi deel van die Wes-Kaap, die natuurskoon is uniek en die berge aan die een kant en see aan die ander kant maak dit net soveel mooier en spesiaal. Bettysbaai is nie oor-ontwikkeld soos baie ander kusdorpe nie en 'n mens ervaar 'n klein dorpie-atmosfeer wat besonders rustig is. Bonus: dis baie naby aan Kleinmond/Palmiet en Pringlebaai."