Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"So skoon en netjies! Ons het via Khayalitsha gekom met die see langs tot in Muizenberg. Geen papiere en plastieksakke en gemors wat rondlê of waai nie! Beslis die skoonste en netjieste stad wat ek nog besoek het!"
"Lovely place to holiday. Very scenic destination. Plenty of sightseeing around. Will recommend Cape Town to both locals and international guests alike. I love Cape Town!"
"Die geologiese geskiedenis van Montagu is ongelooflik, en duidelik te sien in die wonderlike landskap reg rondom."
"Oudtshoorn is maar baie "middle of nowhere", maar ook baie netjies en skoon met al die geriewe wat jy nodig sal hê op toer, en 'n baie gerieflike rus-stop vir as mens ver reis (maar nie vreeslik opwindend vir vakansie-hou nie)."
"Beautiful scenery, nice restaurants and friendly people. Struisbaai is a great place to swim in the sea, very calm and like a dam! The little town of Agulhas is also interesting to visit and you can have a nice lunch at one of the local restaurants. We just found the area quite windy, but that is what you sometimes get on the coast!"
"Gaste wat bereid is om die teerpad te verruil vir grondpaaie in uitstekende toestand, word ryklik beloop met natuurtonele waarvan daar telkens foto's geneem moet word. Daar is ook kampterreine, werkende plase en wynkelders wat jou lok om af te draai. 'n Belewenis van 'n leeftyd!"
"Uitstekende dorp vir 'n lekker wegbreekkuier. Die Karoo Art Hotel is 'n moet. Die dorp is baie stil in die week. Almal gaan natuurlik Diesel & Créme toe maar Barrydale bied soveel meer. Die boekwinkel het 'n wye verskeidenheid van alle genre. Die Langkamer is 'n groot aanwins vir die dorp."
"The only reason I do not give it a five star was the wind (and that is beyond anyone's control)!"
"Ons het die hele Overberg besoek en dit was vir ons asemrowend met die stiltes, wandelpaaie en die pragtige natuur. Agulhas en Struisbaai is absoluut toegerus vir die toeris. Wandelroetes en publieke toilette is gerieflik geplaas en goed versorg. Die weer was op sy beste."
"Busdienste (vervoer) in die Kaap is gerieflik, betroubaar en veilig om te ry en die werknemers is hulpsaam. Baie interessante besienswaardighede vir die hele gesin om te geniet."