Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Sal enigeen aanraai om Merweville te besoek. As jy opsoek is na stilte en rustigheid is dit beslis die plek."
"Bietjie beperk met eetplekke na 16:00, maar Thomas en Hayley van die Karoo Daisy het gesorg vir die perfekte aandete en atmosfeer na 'n lang dag op die motorfietse. Barrydale moet definitief weer besoek word."
"Area was bietjie besig vir ons op motorfietse. Nie veilig gevoel in die middedorp. Neem aan dat vakansietye redelik 'n nagmerrie kan wees."
"Groot-Brakrivier verdien regtig nog 'n paar dae se verken. Die dorpie is netjies en pragtig, en mens word uitgelok deur al die winkeltjies langs die hoofstraat. Ongelukkig het ons net oornag vir een nag, en het nie kans gehad om te verken nie, maar ons gaan definitief weer hier inloer, en bietjie langer vertoef."
"Wat 'n ongelooflike mooi dorpie!! En die omgewing is asemrowend! Ek sal vandag soontoe trek!"
"Die strande kan soms bietjie vol raak, en by tye kan die suid-ooster jou Karroo toe waai. Maar die mense is gasvry en vriendelik en dis wat tel!"
"Cape Town is a beautiful place to explore, depends where one makes a booking."
"Very nice, small town experience. A little out of the way but its worth the trip."
"The town is lovely and the area is really beautiful to visit. Highly recommend visiting Montagu."
"Kaapstad is 'n interessante vakansiebestemming met uiteenlopende aktiwiteite vir die toeris. Spesiale koffiewinkeltjes en kroegies is volop."
"Ons is mal oor Struisbaai! Kliëntediens en kos by restaurante is net nie goed nie so ek sal voorstel om eerder self te kook of braai. Kos is buitensporig duur vir die gehalte wat jy ontvang."