Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Ken Groot Brak baie goed. Naby aan Mosselbaai en George maar is lekker rustig en netjies."
"Interessante dorpie. Ongelukkig was baie plekkies toe tydens die paasnaweek."
"Die dorp brei vinnig uit en restaurante is heelwat duurder as bv. St. Helena, maar dit bly steeds lekker in Paternoster."
"Hermanus is 'n wêreld op sy eie. Die ou geboue voer jou terug in tyd en die restaurante na verskillende lande. Die see is 'n magneet wat die gedruis van die lewe uit trek, om terug te keer na die realiteit gee nuwe krag."
"Ek dink dit is 'n pragtige gebied en ook baie veilig vir mnse wat daar bly maar as jy van 'n ander gebied kom sal jy nie veilig voel met voertuie wat in die straat moet staan nie. Vriendelike mense."
"Ek het al van die sestigerjare daar gekuier by familie van ons, natuurlik deesdae verval baie plekke en dis net veral die hoofstraat wat vir my baie vuil was met aankoms maar dis in baie groot dorpe en 'n probleem, verder was ons baie gelukkig daar."
"Baie netjiese dorp met historiese plekke. Goeie basis vir omligende dagtoere. Baie gesellige en gasvrye mense."
"Mense moet asb hulle maskers dra! Veral saans in Dorpstraat! "
"Baie onvriendelike mense. Met my eerste besoek aan Robertson stop ons met aankoms by die padstal “Affie Plaas” om 16:45. Ons stap die padstal binne en begin lekker rondkyk en vind dit 'n baie aangename padstal. Die eienaar kom 16:55 na ons toe en vra ons om asb. te gaan betaal want die werkers se vervoer wag vir hulle. Dit was opvallend dat sy vrou die persoon is wat die kassier was. Ons het dit baie onbeskof gesien, want daar was geen werkers betrokke by ons besoek nie."
"Oudtshoorn sal ons weer sien. Twee dae was te min om die dorp en al sy besienswaardighede heeltemal te geniet."