Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"As jy wil partytji hou met liters drank en harde musiek is Dwarskersbos die verkeerde plek vir jou. As jou siel rustigheid, skoon lug en kilometer lange strande en asemrowende sons ondergange soek is Dwarskersbos presies waar jy moet wees."
"St Helenabaai is 'n pragtige, stil plek naby al die kusdorpies. Die SPAR op die dorp het alles wat mens nodig het. Ons sal in die toekoms beslis weer St Helenabaai toe wil gaan."
"Daar is nou 'n oulike klein sentrum met al die basiese geriewe soos nodig. Die plaaslike inwoners is baie vriendelik en behulpsaam."
"Yzerfontein was van my studente dae af (omtrent 30 jaar gelede) nog altyd ‘n juweel. Bly om te kan sê dit is nog steeds, pragtige strand, mooi huise, lekker restaurante, winkels met alles. Lekker naby aan ander plekkies vir dagbesoek aan die Weskus Nasionale Park om een te noem."
"The town was so friendly and informative they welcomed us with smiles."
"Beeldskone, asemrowende & vriendelike stad, al is daar plekke net soos in ander gedeelte van die land waaraan daar gewerk moet word. Dankie."
"'n Lieflike, baie besonderse plek: welige plantegroei, bosse en die see daarby."
"One really does have to travel very far to find nice places in and around. Also, many places close very early."
"Puik dorp met die mooiste natuurskoon. Dit is bietjie hartseer om te sien dat die publiek rommel langs wandelpaaie strooi."
"Die plaaslike gemeenskap se huis restaurante is 'n wenner. Eerlike, down to earth kos."
"'n Klein juweel in 'n baie mooi omgewing wat uiers geskik is vir buitemuurse aktiwiteite soos bergfiets en stap. Geseënd met uitstekende eetplekke. Abbey Rose se disse was 'n hoogtepunt."
"Plett, in the CBD, used to be quite pleasant and safe. We were sad to see quite a few unsavory characters around this time. It’s safe enough to still enjoy with company and with having your own transport. It is a lovely seaside town with both country and sea views."
"Lekker naby aan Oudtshoorn en besienswaardighede, naby genoeg om na Mosselbaai of George te gaan."
"Velddrif is tipies weskus - as jy hou van die weskus dan sal jy Velddrif geniet. Daar is genoeg in die area om almal besig te hou."