Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Struisbaai is 'n baie lekker see, voel nog veilig daar om in die straat te stap en die strand is lekker met skoon sand."
"So 'n mooi omgewing. Ons het na Bosjes gery. Baie lank daar spandeer. Foto's geneem by die lieflike trou-venue. By Rietdakkie-padstal gestop. Met ope arms deur Riaan en sy vrou ontvang. Later tafels weggeskuif en gedans. Groot pret!"
"Verlief geraak op die plek. Veiligheid is tops, die mense is baie vriendelik, dorp is netjies en skoon en geen mense wat lastig is nie. Baie lekker gekuier in die uithangplekke."
"Bonnievale itself is a lovely little town. We did a bit of travelling to various wine estates and tourist attractions."
"Currently good restaurants are over booked and difficult to get into. So book early to avoid disappointment. Try a restaurant called Persello Pizzeria in the Memorial Square in the main road. Their food is fantastic and the family owned restaurant was the highlight of our stay in Knysna."
"Heerlik gekuier by Elandsbaai Hotel - "local is lekker". Die Elandsbaai omgewing bied baie vir die natuurliefhebber."
"Die vetplantkwekery was ons rede om hier te oornag, maar ons het ongelukkig vergeet dit is Saterdag/Sondag, so kon net van buite foto's neem."
"Naby toeriste-aantreklikhede kusdorpies soos Struisbaai, Agulhas en Arniston, maar baie goedkoper en meer verskeidenheid winkels en dienste."
"Uitstekende plek, nie net om vakansie te hou nie, maar ook te bly. Perfek geleë. Al die mense daar het ons beïndruk. Hulle wíl jou daar hê. Skoon en netjiese omgewing. Geluk aan die munisipaliteit met julle toekenning, julle doen goeie werk."
"So much to do in this town, been coming here for 25 years and never get bored. One of the safest towns in South Africa and so much to do! Beach, surfing, kayaking, snorkeling, boating, biking, hikes, gin tasting, olive and cheese farms, endless activities. Great for families and sports enthusiasts."
"'n Lekker rustige bestemming - perfek vir afskakel. Heerlike restaurante en kuierplekkies en pragtige natuurskoon."
"Die Saterdagmark is altyd 'n belewenis - Sedgefield is baie sentraal to die nabygeleë dorpe."
"Pragtige vallei. Beslis 'n besoek werd om wyn en olywe te proe, asook die dorpie te besoek."
"Baie interessante plekke om te besoek. Jammer dat party plekkies toegemaak het met lockdown. Sal nog steeds Mosselbaai weer besoek."
"Cape Town is one of the best holiday destinations as there is something for everyone."
"Gourits is vir die wat wil wegbreek van die stad gewoel en net rustig wees. Ideaal vir buitelewe-aktiwiteite."