Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"St Helenbaai het ons harte gesteel, winkels groot genoeg om in al jou selfsorg-behoeftes te voorsien, maar die dorp is klein genoeg om nog steeds die plattelandse vissersdorp-ervaring te gee."
"Dit sal help as daar meer ATM's beskikbaar is, wat ook gereeld gediens word. 'n Ekstra een of twee Superette wat oop is tot en met 20:00 sal goed wees."
"Did not feel safe driving around to enjoy all the scenery as we were bothered every 5 minutes by someone selling crayfish and shell hearts."
"Did not feel very safe around the harbour area. Many unemployed people trying to sell their fish while we were just trying to enjoy the scenery. Quite a bit of rubbish around the view points."
"Yzerfontein is ’n pragtige plek! Ek was in stomgeslaan omdat dit my eerste besoek daar was."
"Velddrif is ’n lekker dorpie met baie dinge om te doen. Ek sal definitief weer gaan."
"Jammer om te sien hoe die pragtige kusdorp verval en agteruitgaan. Diefstal bleik ’n probleem te raak in die area. Sal jammer wees as daar ’n negatiewe gevoel ontwikkel oor persoonlike veiligheid."
"Met die 16 Myl strand kan almal, met hul hondekinders ook, lekker stap. Veilig, skoon. Goeie en lekker restaurante. Yzerfontein is 'n juweel-bestemming."
"Net die mense wat bedel vir kos en dan die en dat aan jou will verkoop. Ek sal sê hulle moet daardie element daar uithou en dalk sal dit 'n 5 ster-plek wees."
"Hiedie plek die rustigheid homself, Bokkomlaan is 'n moet, Nossab viskafee, die visfabriek, Laaiplek se hawe met sy paar oudhedewinkeltjies en oral is die visgeregte 100%. Port Owen Marina met eetplekke en aktiwiteite is awseome. Alles hier baie sentraal geleë en goed ingerig om van hier af na naby geleë dorpies te gaan. Soutpanne en flaminke is iets baie spesiaal om te ervaar."
"Pragtige kusdorp, klein, maar als wat mens nodig het, is daar. Goeie teerpad vanaf N7 tot daar. Interessante besienswaardighede ook om te sien, bv. die Voëleiland. Verdere ontwikkeling is nodig, ou geboue kan opgeknap word, ongelukkig ook heelwat geboue wat toe en leegstaan, alles deel van die huidige swak ekonomiese toestand. Moeite werd egter om te besoek. Baie verblyfplekke."
"Dit het 'n lekker sentrum vir inkopies en ons het by baie lekker restaurante gaan eet, alhoewel die strand relatief vuil was. Daar het orals dooie krappe en stukke plastiek gele. Daar was selfs twee dooie baba robbe wat die strand uitgespoel het."
"Ideale toeristebestemming vir oud en jonk, die straatsmouse kan net bietjie te veel raak met hul alewige goed wat hulle aan jou wil verkwansel."
"It definitely is a great holiday destination and as a family, we will definitely visit it again."
"Nie veel om te doen nie, maar dis rustig en jy ontspan! Skoon dorp, lekker eetplekke."