Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Dit is 'n baie mooi dorpie, minder goed om te gaan doen as plekke naby Kaapstad, verder baie rustig en sal goed werk vir families."
"Groot trekpleister vir toeriste. Pragtige strand. Veilig vir kinders om te swem onder toesig. "
"This was our first visit to Port Owen and we thoroughly enjoyed the long weekend. A visit to the Marina and Charlie's Brew is a must. Loved watching the anglers at Laaiplek as well."
"Rustige omgewing en pragtige strand. Veilig en toeganklik vir kinders."
"Paternoster is klein genoeg om 'n wegbreek van die gedruis te beleef. Die mense is vriendelik en behulpsaam."
"Vir die persoon wat lekker wil gaan rus en kop skoonmaak, is Lambertsbaai die plek. Immers daar gebore en sal altyd my wortels daar gaan optel. "
"A really small little town with almost no shops etc. but perfect if you're looking for time out."
"Die WP se Paternoster lyk soos Griekeland se Mykonos en is goed ingerig vir toeriste. Goeie verblyf, veilig, strate goed bygehou en lekker eetplekke."
"Dit is 'n klein dorpie en nie veel om te doen nie, so indien jy rustigheid en 'n wegbreek van die gejaag kort - besoek gerus Port Owen!"
"Raak minder aantreklik soos tyd aanstap, vanweë oorbevolking en digtheid van behuising. Die intieme kusdorp-gevoel is finaal weg. "
"Nooit geweet dat Hannasbaai so 'n mooi strand is nie en so mooi strandhuise op die see het nie. Baie beïndruk"
"Paternoster is 'n regte droomdorpie, goed geleë tussen soveel mooi plekke en naby Weskus Mall as mens aankope wil doen. Jammer net dat die crime so 'n probleem is, maar andersins was dit net 'n voorreg om daar te kon wees."
"Dis 'n pragtige omgewing en net wat mens nodig het om weg te kom van die stad se gejaagde lewe. Pragtige plek. "