Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Baie oulike plekkie. Alles voel stapafstand van mekaar af. Baie lekker padjies vir draf/stap. Nooit onveilig gevoel nie."
"Kokomos is ons go-to restaurant in Langebaan. Heerlike kos, fantastiese diens en lekker strand voor die restaurant vir die kinders om te speel."
"Mooiste uitgestrekte strand. Net jammer van die misdaad waarteen ons deurgaans gewaarsku is."
"Elandsbaai is klein en sal in rustige reisiger se smaak val. Lieflike uitsig van berg en see. En eietydse atmosfeer. "
"A beautiful, quaint little fisherman's village. Will most definitely go back with our family. "
"The place was picturesque and easy to find. It has a feel of an untouched gem away from the hustle and bustle."
"Lambertsbaai is ons hartstuiste. Ons probeer om ten minste 2 keer 'n jaar daar te gaan rus. Vriendelike mense, lekker kos en wyn. Baie om te doen en te sien en dan natuurlik die snoekseisoen wat belewenis is vir ons ou Transvalers. Muisbosskerm beslis 'n moet. Hier kan ons net ontspan en afskakel van die alledaagse gejaag. Lambertsbaai word beslis aanbeveel."
"Bietjie min om te doen, maar gelukkig is dit naby aan ander toeristebestemmings wat dit beter maak."
"Uitstekend! Al die plekkies is so tussen 30 tot 40 min se ry weg en 'n groot belewenis om hierdie kusdorpies te besoek."
"Seker die hub van die Weskus. Als is daar winkels gewys en die ander besienswaardighede is sentraal rondom dit geleë."
"Baie mooi plek om te besoek en te verken, wonderlike restaurante in en om die dorp vir alle vis smaak."
"Pragtige area. Net ver genoeg van die strand om dit rustig te maak. Maar net om die draai as jy strand toe wil gaan."
"Dis baie jammer dat mens nie Langebaan se mooi vanaf die pad of ingang in die dorp mooi besef nie. Die eerste 2 kere wat ek daar was, het ek gewonder waaroor die bohaai gaan, totdat ons per toeval een dag by Boesmanlandplaaskombuis opgeëindig het en daar eers gesien het waar die mooi regtig lê. En dit was net die begin. Van daar af, is daar geen keer. Ek sal nie met myself kan saamleef as en nie ten minste 1 keer per jaar hierdie dorpie besoek vir 'n lekker lang verblyf nie. 'n Versteekte diamant!"
"Daar is nie 'n behoorlike winkel nie en jy word gedwing om baie voorbereiding te doen en dan liewer na die mall by Vredenburg te ry. Ook een restaurant wat saans iets aanbied nie."
"Gerieflik naby aan Somerset Wes, pragtig, skoon en skynbaar misdaad-vry. Ons was voorheen gereeld op Paternoster, maar sal nou heel waarskynlik meer gereeld na Yzerfontein gaan vir 'n naweek."