Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Die beste vakansieplek aan die Weskus! Vir my is hier baie kinderjare-herinneringe. Sal altyd weer besoek."
"Paternoster is my absolute gunsteling naweek blyplek. Soveel dinge om te sien en doen. 'n Naweek is meestal te kort vir my omdat ek nooit genoeg kan kry van die stilte en vrede en asemrowende see-uitsigte nie. "
"Baie baie rustige omgewing en die veiligheid op hoogste standard. Al die plekkies is so naby selfs die mall is net 10 min weg."
"Rustige dorpie, wil ook nie sê jy moenie kanse waag nie, maar dit wel geniet. Respekvolle mense en baie stresvry."
"Kan nogal steurend wees as daar elke uur of so 'n man verbykom wat onwettige kreef en/of mossels probeer smous."
"Port Owen is volgens my mening 'n opgegradeerde area wat 'n goeie beleggingsopsie is. Die huise in die omgewing is almal duursaam en goed versorg. Al ry die E-watch (buurtwag) voertuie daar rond sou ek tog aanbeveel dat die ingange na Port Owen Marine meer soos 'n kompleks bestuur word. Met 'n getroue wag wat kontrole hou wie daar in en uit. "
"Het min tyd gehad om in die dorp rond te loop. Dit is meer local mense wat ek kon sien. Mens voel nooit onveilig nie. Die see is baie mooi daar. Lekker stil en rustig. Ek is 'n fotograaf en het gewerk daar, oulike venues in die dorpie. Bosduifklub se kos is uit die boonste rakke. Ook baie gasvry mense daar. "
"Ons het die naweek in Paternoster terdeë geniet. Daar is heerlike eetplekke en baie vriendelike mense. "
"Die dorpie het bietjie agteruit gegaan vandat ons laas daar was (veiligheid), maar die vermeerdering in wynplase en restaurante en selfs n boeremarkie was verbasend. "
"Een van die mooiste areas in ons land. Woorde kan nie die Langebaan Lagoon en die Weskus Nasionalepark beskryf nie."
"Quaintest little town, friendly locals, clean and peaceful. And lots to do if you're energetic, as we are. Walks are fabulous, along the beach or rocks. 2 nice tennis courts. Good restaurants and coffee shops. Its unspoiled, unlike Hermanus and Plett, etc. Easy drives to wine estates, Darling, Langebaan, West Coast Park, Buffelsfontein for game drives, San Reserve which is fascinating and also lovely views, Mykonos. Weekend just too short! And its an easy 1 hour drive from Cape Town, huge plus. You can tell I'm a great fan of marvellous Yzerfontein!"