Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Beautiful destination with the most amazing sea views! The roads and area is extremely clean and well looked after. A beautiful and peaceful place! Holidaying there was an absolute dream! Destination also close by or a short drive to other towns to visit. Lovely little padstals close by to visit as well. "
"Kan nie wag vir die mall nie, Spar net baie beknop. Beautiful place."
"It is quite expensive to buy anything in Yzerfontein so try and pack in what you need to avoid having to run to the shops. Not the friendliest people in the town itself. Nicest people we met were on holiday from Cape Town. "
"Maak seker jy koop genoeg en in 'n dorp buite Jacobsbaai. Veral as jy laat daar aankom."
"Pragtige klein dorpie met vriendelike mense. Laaiplek se Spar is meer as wat jy nodig het. "
"Klawer se dorp is nie 'n plek om oor opgewonde te raak, maar die One-Stop vulstasie, padstal en wynplaas bly 'n wenner en 'n goeie plek om te stop."
"Skoonste, netjieste dorp wat ek in jare gesien het. Lieflike sonsondergange, rustige atmosfeer en die see, strande en natuur hier is iets om te sien."
"Mooiste Weskus-dorp waar almal 'n bydrae lewer vir die erfenis daarvan. "
"Pragtige Weskusdorpie en nader aan die natuur en seelewe kan jy nie kry nie! Kan nie wag vir ons volgende besoek nie!"
"Ek het hier besef dat die inwoners van Lambertsbaai baie vriendelik is. Dis asof hulle altyd bewus daarvan is dat hul hul dorp as toerismebestemming moet adverteer. Almal was behulpsaam en vriendelik. Ek sal beslis weer die dorp besoek."
"Die kombinasie van die berg, met sy grotte, en die see met die ryk seelewe bied 'n ideale wegbreekbestemming as jy op soek is na rus en stilte. Die dorp kan voorsien aan die basiese benodigdhede, met Lambertsbaai en Clanwilliam naby genoeg om voorrade aan te vul."
"Dit is die skoonste dorpie langs die kus wat ons nog gesien het. Ons sal self graag in Yzerfontein wil vestig want dit is baie sentraal."
"Baie mooi en rustig. Enigste nadeel is dat daar geen winkel is om gou 'n tjoklit of sak hout te koop nie."
"Dit is een asemrowende mooi plek. Die sonsopkoms tot die sonsondergang in die aande is pragtig. Die rustige en windstil kanaal voor mens se deur is absoluut mind blowing. Dit is een rustige plek. Geen gejaag van voertuie nie. Dit is net rustig met mense wat jy kort-kort sien roei of 'n boot wat stadig voor jou deur verby vaar. Amazing."