Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Doringbaai is 'n klein kusdorpie, net een handelaar wat als verkoop van brood tot brandstof."
"Ons is mal oor Paternoster en sal beslis weer daar gaan vir vakansies in die toekoms. Interessante plekke om te besigtig: Tietiesbaai (Veral die Seekombuis restaurant), Stompneusbaai, Brittanica en Veldrif."
"Olifantskop is perfect for a breakaway out of the big city. It is so peaceful and beautiful. "
Longacres Country Landgoed, Weskus
Camelot Cottages"Het Thali Thali terdeë geniet en Boesman Restaurant 'n besliste aanbeveling."
"Long open beach to walk on. Weskus Kombuis Resturant a definite stop for a good meal."
"Lambertsbaai is een van die beste toeristebestemmings in ons land. Ek sal definitief gereeld daar vakansie gaan hou en dalk myself daar vestig."
"Yzerfontein is die lekkerste dorp aan die Weskus om bietjie weg te kom van al die lawaai in die stad. Salig en pragtig. Die mense in Yzerfontein is ongelooflik vriendelik en bedagsaam en daar is 'n paar eetplekkies met die lekkerste kos. Wat jou vakansie na Yzerfontein ook lekker maak, is dat as jy wil rond toer is die ander mooi dorpies aan die Weskus net 'n entjie weg, jy kan Paternoster toe vir die dag, Jacobsbaai, Darling om net 'n paar te noem. Dis die see- en bos-ervaring saam, wat meer wil mens dan nou hê!"
"Blouwaterbaai is 'n rustige residensiële area. Daar is min/geen kafees of restaurante, met die uitsondering van Blue Bay Lodge waar ek smaaklik geëet het, met 'n pragtige uitsig oor die Saldanhabaai."