Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Gaan kyk gerus, kuier gerus, wees rustig en gesels met die mense van Lambertsbaai."
"Vir enigiemand wat 'n middelpunt soek om die omliggende dorpe en besienswaardighede te besoek, is Lambertsbaai ideaal."
"In vergelyking met vorige jare het dit bietjie agteruit gegaan. Nog steeds die moeite werd."
"Ons was verras hoeveel van die ouwêreldse kusdorpie sjarme nog hier behoue gebly het."
"Ons het die stank van die visfabriek goed getref. Nie onuithoudbaar nie. St Helenabaai is gemaklike afstand van die omliggende dorpies om die weskus te verken."
"Dit is veilig met 'n wonderlike loopstrand. Ons oorweeg na dese om eiendom daar te koop."
"Die strand en see is pragtig. Net jammer dat die mense wat mossels en kreef verkoop mens nogals kan lastig val. Die feit dat jy met die intrap-slag gewaarsku word teen moontlike inbrake en diefstal is kommerwekkend. Maar anders as dit, lieflike en rustige bestemming met pragtige blou see."
"'n Baie mooi kusdorpie, maar as jy soontoe gaan vir 'n vakansie is dit regtig net om te rus want daar is nie veel anders om te doen nie."
"Ongelukkig oorgekommersialiseerd geword en lui plaaslike besigheidsmense wat die toeris probeer uitbuit met substandaard goedere!"
"Op Strandfontein is die see en die natuurskoon die oorheersende faktor wat dit 'n plek maak waar mens weer in kontak kom met jou eie menswees en deel word van die oseaan en die omgewing. Onverbeterlik!"