Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"'n Mens kan nog hier rus, sonder te veel toeriste en die lekker grondpad maak dit vir my soos Darling en Clarens se kunstenaarsplekkies. "
"Ons gaan gereeld na Langebaan toe omdat ons die veilige strande geniet, veral in die reservaat en by Mykonos."
"Beautiful, clean and safe beach area where one can just relax and take long walks on the beach. Even at night time you are safe, because most of the beach area is visible, because of lights on the beachfront. Also walking distance from Club Mykonos and the most lovely restaurants."
"Paternoster kan gerus 'n kitsbank of twee aanskaf, en dalk 'n SPAR. Dit sal die in-en-uitry na en van Vredenburg uitskakel. Paternoster is een van my gunstelingvakansieplekke so ek geniet nogal die eenvoudige leefstyl daar."
"Port Owen is nie te ver uit die stad nie, maar tog weg van al die stadsgeraas."
"Paternoster is 'n plek wat jy ten minste een maal in jou lewe moet besoek. Maak so voor dit te veel ontwikkel. Die dorpie is pragtig en die strande skoon. Jy kan gemaklik op die strand stap. Nooit onveilig gevoel nie. Daar is heelwat restaurante van goeie gehalte en jy hoef glad nie kos te maak nie."
"Club Mykonos kan doen met 'n goeie skoonmaak. Die geboue is vuil en daar vandat ons daar aangekom het tot ons weer vertrek het, het daar rommel rondgelê. Ons was 'n bietjie teleurgesteld met die instandhouding van die oord. Dis asof die plek effens sy sjarme verloor het."
"Die locals roei die kreef uit en die polisie hou hulself blind vir die verkoopsmanne langs die pad! Dit was baie hartseer om te sien hoe openlik hulle met hul sakke vol kreef loop en verkoop, en hoe die polisie ander pad kyk as hul verby hul ry."
"Pragtige skoon dorpie en laat 'n mens dink aan Walvisbaai. Vriendelike mense met die lekkerste en varste seekos. "
"Al ons kampe wat ons hou is basies in Langebaan oor dit so goedkoop is en vriendelike diens lewer. Die plek self is asemrowend!"
"Paternoster het daardie tipiese Weskus karakter wat jou gemoed kalmeer met sy rustigheid en verras met sy versteekte skatte. Neem gerus 'n oggend wandeling deur die dorpie en geniet die vars lug, sonskyn en klassieke boustyl van die huisies. Gaan stap laat middag langs die see en verken die strandgebied. Staan stil en neem die sonsondergang in voordat julle een van die seekosrestaurante besoek en ware Weskus-hartlikheid ervaar. Beslis 'n bestemming om minstens een keer te besoek - Julle sal graag weer wil terugkeer vir meer!"
"Die kreefsmouse was baie erg. Ons het net gestop by ons verblyf toe staan daar al een agter die kar. Orals waar jy stop by 'n winkel of naby die strand klim hul amper binne in jou kar. Paternoster is ongelooflik mooi met sy pragtige strand en al die mooi wit huisies, maar sal nie op hierdie stadium ooit weer daar slaap nie. Die kreefsmouse maak dit net baie ongemaklik al kom ons van Gauteng af en is gewoond aan bedelaars en smouse. "
"Uit 5 300 km vir 'n vakansie van 30 dae, was dit die enigste plek waar ek baie beslis my volgende Desember sou wou spandeer."