Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3542 resensies.
"Pragtige omgewing. Die wilde diere wat tussen die huise rondloop was 'n unieke ervaring gewees. Die supermark en ander winkels in Marloth Park is baie gerieflik."
"Hartseer dat daar geen restuarante oop was op Sondae nie (veral oor 'n langnaweek)."
"Marloth Park is baie lekker. Moet wel sê dat as 'n mens vir dagbesoeke by die Krugerwildtuin wil ingaan, dit baie besig kan raak en mens kan lank by die hek wag voor jy inkom. Ons het vooruit bespreek om in te gaan as dagbesoekers, maar mense wat nie het nie moes baie lank wag. As jy elke dag wil gaan wild soek, bespreek eerder direk in. Ons bure het hout in die veld gaan haal een aand en 'n ander aand sommer met 'n kettingsaag 'n boom afgesny. Het dit aangemeld by Marloth se bestuur wat toe niks daaraan gedoen het nie. Was bietjie suur daaroor. Verder baie lekker. "
"It is such a nice place to have a quiet yet exciting weekend away. Just wish there were still animals coming close to people. I think all the building activity and new houses have scared them off from coming near any residential areas. "
"Ons besoek nou al vanaf 1998 Marloth Park. Wat ons waargeneem het is dat daar baie minder diere in Marloth Park is, en dat die bedrywigheid vermoedelik daartoe bydra. "
"Van die lekkerste bosvakansieplekke in die land! Beste waarde vir geld!"
"Baie lief vir Marloth Park. Dit is werklik 'n mooi skoon plek en die diere is beslis spekvet, gesond en gelukkig."
"Marloth Park is die ideale vakansieverblyf vir natuurliefhebbers. Dis ook baie naby aan die Kruger Wildtuin so mens kan maklik 'n besoek daar gaan aflê. "
"Baie lekker, sien baie diere. Ons het dit vreeslik geniet!"
"Die wild al langs die rivier het dit ekstra spesiaal gemaak - vir die dae wat ons nie wildtuin toe is nie het ons baie wild gesien. Die olifante het tot naby die draad gekom. In Marloth Park self het ons nie wild naby die huis gehad nie, maar soos ons heen en weer gery het baie kudu's, volstruise en kameelperde gekry."
"Lieflike staparea al langs die riviergrens!"
"Lekker naby aan die Kruger en mens kry die "bos" gevoel asof mens sommer in die Kruger bly. Restaurant en winkeltjies is gerieflik en alles wat mens nodig het."
"Na die onlangse reen is die veld en wildslewe in uitstekende kondisie. Rustige atmosfeer sonder geraas en bewegende voertuie na donker maak dit n wonderlike moet ervaar vakansie gebied. "