Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3542 resensies.
"Dis lekke in die bos met die leeus wat brul in die aande terwyl jy om die kampvuur sit!"
"The Kruger National Park is our yearly winter holiday destination. We used to stay in the Park but the value for money is so much better when staying at McGregor Blue in Marloth Park. Not just cost-effective but with all the necessary luxuries to make your stay unforgettable. The lookout point in Marloth Park is amazing!"
"Marloth Park is 'n puik vakansiebestemming, maar die plaaslike winkels is belaglik duur. Alhoewel mens hulle graag sou wou ondersteun, het ek eerder gery na die SPAR op Komatipoort 17 km daarvandaan."
"Alhoewel dit baie droog is, is die diere in 'n goeie toestand. Die paaie lyk goed. Die winkels voorsien in die behoeftes, mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Dit is regtig mooi daar, ten spyte van die droogte. Dit is ook lekker naby die Krokodilbrug hek wat toegang bied tot die wildtuin."
"Marloth Park was nog altyd 'n baie lekker area om te bly, en ons geniet dit keer op keer."
"Ek sal beslis weer soontoe wil gaan vir 'n nog langer tydperk. Gaan ook vir ander mense vertel wat die natuur-belewenis wil ervaar en sal waardeer."
"Ons het dit baie geniet. Daar is heelwat om te doen en ons het baie diere gesien by die rivier en in Leeuspruit."
"Dit is 'n fantastiese plek omdat dit na aan die Kruger Park geleë is. 'n Mens kan daar baie wilde diere sien."
"Nie tyd gehad om te verken nie, maar daar is 'n redelike winkelsentrum met 'n groot Spar, naby aan grenspos na Mosambiek asook nie te ver van Swaziland grens af nie."
"I have been visiting Marloth Park since 2009 and it is a place that you don't get enough of because of the nature."
"Dis die tweede keer dat ons Marloth besoek en het die keer nie eers in die Wildtuin ingegaan nie. Baie diere in Marloth gesien sowel as van rivierwal af."
"Ek dink Marloth Park is 'n veel beter opsie vir verblyf as binne in die Kruger self. "
"Ons dink dis 'n belewenis om die diere so naby aan die huis te kon sien en dat ons ook 'n bydrae met voer kon maak en sien hoe die diere dit geniet. Dit was 'n heerlike warm naweek al was dit einde Junie. Dankie vir julle flink en vriendelike diens Lekkeslaap!"
"As 'n mens nie wildtuin toe wil ry nie is daar baie te sien langs die Olifantsrivier of net om deur die park te ry en die diere te besigtig."