Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3542 resensies.
"Ek dink dat hul die heksekuriteit kan verbeter. Baie rustige park en baie huise om van te kies wat gehuur kan word. Vir elkeen se behoefte en wat jou sak pas! Lees maar die resensies op elkeen. Baie oulike roete teen die heining van die wildtuin, wat jy kan ry of stap en wildkyk. Bankies is oral uitgesit om te rus en te ontspan. Marloth self het ook wilde diere wat vrylik rondloop en baie huise doen moeite om vir hul voer uit te sit. Vlug uit die stad en kom geniet die bos!"
"Die omgewing is baie droog en warm op die stadium, maar die diere het opgemaak vir dit! "
"Marloth is teenaan die wildtuin wat lekker is. Dink net hulle moet meer doen om al die plekke binne mooi te hou. "
"Die mense in die winkels is vriendelik en daar's baie om te doen. Dankie dat julle dit so lekker maak om weg te breek en te kan kom rus."
"Oppas! Twee nagte by die park is te min! Enige stap-entoesias sal die plek geniet. En dan is die (wilde) bokke/diere tussen die huise 'n groot bonus."
"Die enigste negatiewe kommentaar oor Marloth Park was die toestand van die paaie in die wildreservaat. Julle behoort die mense met plat karre te waarsku dat die pad nie geskik is daarvoor nie. 'n Hoër grondvryhoogte is noodsaaklik op sommige plekke. Ons moes 'n paar keer stilhou om klippe uit die pad te verwyder. Daar is ook baie min wild. Ons het meer diere gesien vanaf ons voorstoep. Wanneer ek julle weer besoek sal ek nie weer die moeite doen om na die wildreservaat toe gaan nie."
"Geniet die gevoel van in die bos wees met die natuur en die diere wat vrylik rond beweeg."
"Ons besoek Marloth Park gereeld en geniet dit baie, maar het opgelet met ons laaste besoek dat jy nie baie veilig voel nie. Waarom kan almal net vrylik by die hekke inry? Sal moet dink aan sekuriteit."
"Hierdie was ons as gesin se eerste Wildtuin Vakansie, en ons het regtig baie daarvan gehou. Die plekkies en winkeltjies daar laat mens sommer dadelik tuis voel. En als wat mens nodig het is daar om jou, dus hoef jy geensins ver te ry nie."
"Marloth Park is naby die Krokodilrivier-hek wat dit gerieflik maak vir wanneer mens wildtuin toe gaan. Mens gaan slaap en word wakker met die geluide van die bos, baie rustig en stil."