Geverifieerde Resensie
Wild Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1886 resensies.
"Die strande daar is net baie rotsagtig maar verder is dit baie mooi en netjies."
"Kidd`s Beach was awesome, we enjoyed ourselves very much there, especially the beach at Palm Springs Resort."
"Gonubie is 'n heerlike bestemming en beslis 'n ideale vakansiebestemming."
"Koffiebaai is 'n besonderse, maar ook 'n nis bestemming. Sekere tipe persone, veral jong mense, geniet dit baie. Dit bied beslis 'n spesiale, dalk selfs ongewone vir baie mense, ervaring. Ongelukking is daar padkonstruksie werk aan die gang wat bietjie chaos veroorsaak en die skoonheid van die plekkie vertroebel."
"Die museum was 'n wonderlike ervaring, die eetplekke op die strandfront baie lekker kos. Selfs die akwarium is 'n moet-sien vir enige toeriste. Die slangpark is ook 'n fantastiese ervaring en interessante inligting en hantering van die slange. Net 'n baie groot teleurstelling van die leeupark - nie baie netjies nie. Maar die dieretuin is 'n groot gemors, geen instandhouding. Die diere lyk almal verwaarloos en daar's tot party diere wat op die webtuiste aangewys word wat daar geen teken van is nie. Die hokke is leeg, sommige hokke is te klein vir die diere, die leeus se hok is hopeloos te klein. Die koivisdam is so vol alge mens kan nie eers die visse sien nie. Die dam van die ganse, eende en swane is so groen, vuil en vol papiere, stokke en grasse. Jy sien skaars die diere se pote. En as die diere jou sien soek almal kos. Is daar dan geen instandhouding in die dieretuin nie? Die paaie in Oos-Londen is baie goed en aanduidings in rigtings na verskillende plekke is duidelik. Die verskeidenheid malls is ook 'n pluspunt en die Game en Superspar is 'n fees om Kersinkopies by te doen ..."
"Port Alfred is 'n goeie stop op pad na jou bestemming. Daar is nie veel te doen nie, maar verskeie gastehuise."
"Ek sal weer met vakansie na Gonubie gaan, dalk net by verblyf met 'n uitsig oor die see."
"It is a lovely guest house that is perfect for a short stay however I would not make use of it over a long period of time. It is also near to a shopping complex that has the basics just as a Pick n Pay."
"It's a lovely small suburb in East London. Can be a lovely place to go on vacation if you have the correct accommodation."
"Pragtig! Kuiergaste moet net kennisneem dat as jy probeer stap na die 'Hole in the Wall', opdringerigheid van 'gidse' om jou te begelei 'n probleem kan wees. Ry eerder soontoe, hoewel die 'gidse' toeriste inwag om begeleiding te doen en nie tevrede is met R50.00 nie, maar aandring op ten minste R100.00!"
"As toerisme bestemming is daar nie veel te sien in Gonubi self nie, maar vir 'n gesin met jong kinders is die Lagoon en veilige swem strand 'n ongelooflike lekker treat! Die natuurskoon in Gonubi is pragtig!"
"Port Alfred is laid back and friendly, beach was amazing. Bathurst close by is worth a visit, lots to see and do there. Make a point of visiting the Big Pineapple, the quirky milk shake shack and all the antique shops. Don't forget the art and craft shops too."
"Great stop over when traveling along the East Coast and a good alternative to down town East London."