Geverifieerde Resensie
Yzerfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Yzerfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1417 resensies.
"Lieflike seedorpie net 'n entjie uit die stad uit. Alles is daar wat mens nodig het om net weer jou batterye te herlaai."
"Yzerfontein is baie stil, perfek vir mense wat juis wou wegkom van die alledaagse gewoel van die stad. Daar is wel 'n paar holtetjies waar mens bietjie kan uitkom en meer van die locals kan ontmoet. Een so 'n plek was Die Rooi Granaat, 'n klein maar fancy restaurantjie in die hartjie van Yzerfontein. Die mense was so vriendelik en verwelkomend, en die kos hemels! Geen kuiertjie in Yzerfontein sal die moeite werd wees sonder om daar ook 'n draai te maak nie. Dit was vir ons die cherry op die koek van ons vakansie in Yzer. "
"Very nice little town, even though it is not to far from Cape Town you feel like you are far away from the city life."
"'n Baie lekker rustige dorp met genoeg van die basiese fasiliteite wat benodig word. Naby Kaapstad geleë vir 'n dagbesoek aan Kaapstad."
"Ons het 'n troue by Die Strandkombuis bygewoon en die kos was heerlik!"
"Ons is mal oor Yzerfontein. Dit is 'n stukkie paradys net 'n uur vanaf Kaapstad. Dit is nog nie gekommersialiseer met baie winkels en restaurante nie. 'n Plek om net te rus en te ontspan! "
"Ek was jare terug op Yzerfontein en dit het baie verander. Die strande is skoon en die dorp voel heel veilig."
"Mooi, rustige vakansiebestemming, lekker om te gaan uitrus. Naby aan verskeie vakansieplekke."
"Baie stil en rustige dorpie, vir rus en vrede is dit die ideale plek om te gaan rus."
"It's a small village with one Spar and several coffee shops. It has a number of restaurants, of which we tried the "Rooi Granaat" - which I can highly recommend. "
"I love Yzerfontein! A lovely community, breath-taking views and silky white beaches running for miles. What is not to love?"
"Dit is 'n pragtige plek, net BAIE duur, lyk my dit is maar net nog 'n rykmans toeristebestemming."
"'n Geheim van die Weskus. Wat 'n stunning, pragtige, skoon en veilige dorp met die mooiste strand. Moenie vir te veel mense vertel nie!"
"Fantastiese, rustige dorpie. Die dorpie moet net die karakter behou, dit is enig in sy soort."