Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

65 @ 3rd

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3de Laan 65, Newton Park, Gqeberha (Port Elizabeth), 6002, Oos-Kaap
  • Vanaf R695 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

65 @ 3rd bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n rustige tuinkothuis op 'n residensiële perseel waar die eienaars ook woon. Dié privaat kothuis is sentraal geleë in Newton Park in Gqeberha (Port Elizabeth), met toegang tot die gewilde Kaapweg, winkels en restaurante.

Die kothuis het 'n oopplan-area en bied slaapplek aan 2 gaste op 'n dubbelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die kothuis het ook 'n kombuisie en 'n sitarea. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof, ketel en broodrooster toegerus. In die sitkamer is daar 'n lessenaar en 'n TV met Netflix. Die kothuis het lugversorging, gratis WiFi, badhanddoeke en 'n haardroër. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel en die perseel is met 'n elektriese heining omhein.

Gaste het toegang tot braaigeriewe en sitplek buite. Die huisie is veilig met 'n paniekknoppie, gewapende reaksie en elektriese omheining rondom die eiendom. Aandete kan voor aankoms gereël word teen 'n ekstra koste. Wasgoed kan ook teen 'n ekstra koste in die hoofhuis gedoen word. 'n Skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar, dit moet voor aankoms gereël word. Die kothuis word op 'n self-inklokbasis aangebied.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Hendrika T
Saam met lewensmaat
5.0
Vyfster verblyf. Baie netjies, gerieflik geleë en alles wat jy nodig het, tot heerlike bederfies in die yskas. Top verblyf, dankie Deidre.
Mei 2025
Shannon V
Saam met lewensmaat
5.0
Exceptional accommodation! The room is one of the best we have stayed in. Exceptionally clean, spacious and comfortable. Great value fo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Raymond N
5.0
Kon nie vir 'n beter plekkie gevra het nie, baie dankie Deidre. Baie lekker gebly, die plekkie is pynlik netjies, en alles wat jy benodig is daar. Bai...
Sien meer
Apr 2025
Paula V
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis weer hier kom slaap. Baie impressed met die plekkie - heerlik gebly. Maak selfs voorsiening vir beurtkrag. Ideaal vir 2 persone.
Mrt 2025
Alide N
5.0
Thanks so much for a lovely stay at your beautiful unit. I will be back! I booked the unit for my daughter and me, and the room is spac...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Deidre Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 52

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 3de Laan 65, Newton Park, Gqeberha (Port Elizabeth), 6002, Oos-Kaap
  • Gaste dink 65 @ 3rd het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 695
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 695
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3de Laan 65, Newton Park, Gqeberha (Port Elizabeth), 6002, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA316962c1de22d3a522331be096cc5d5e32bacf8869bfd34d5500eb9cc0966b186fc2df157b7e7e62ca481895656b209f716b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R695 per nag (plek vir 2) 52 5 1 5 65 3rd Avenue Newton Park 6002 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.951684299665 25.567184842328

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
262728293031123456789101112131415161718192021222324252627282930123456
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
262728293031123456789101112131415161718192021222324252627282930123456