Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Angels Rest

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Delphinium-straat 20, Blue Horizon Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6002, Oos-Kaap
  • Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Angels Rest het 'n selfsorgwoonstel, -houthuisie en -boektiekkamer op die eienaar se perseel in Blue Horizon Bay in Gqeberha (Port Elizabeth). Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n klein gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en buite die stadsgedruis.

Elke eenheid het 'n oopplan-uitleg. Die slaaparea in die woonstel het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank wat ideaal is vir 2 klein kinders. 'n Enkelkampbedjie met 'n matras en 'n bababedjie met 'n matras kan voorsien word.

Die houthuisie se slaaparea het 'n koningingrootte-bed. Elke eenheid het 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet wat van die kombuisie af lei wat toegerus is met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond en ingeboude kaste met 'n paar kooktoebehore.

Die eenhede het ook 'n TV met die volle DStv-pakket en braaigeriewe. Die boetiekkamer het 'n koningingrootte-bed. Die TV in die slaaparea het Netflix en Showmax.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar vir 2 voertuie per eenheid en Angels Rest is stapafstand van die strand en net 45 km van die middestad af.

Let wel dat die hut nie 'n see-uitsig het nie. Die woonstel en boetiekkamer het 'n see-uitsig vanaf die braai-area.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Vervoerdienste

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 99 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Yolandie B
Gesin met tieners
5.0
Altyd heerlik om daar te bly. Nie die eerste keer wat ons by Angels Rest oornag nie en ook definitief nie die laaste keer nie, is baie gasvry en vrien...
Sien meer
Apr 2025
Rassie E
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker. Rustig en stil en pragtige uitsig.
Mrt 2025
Christopher S
Gesin met tieners
5.0
Relaxing. Very peaceful and felt very safe.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Peter H
Saam met lewensmaat
5.0
Ons batterye is ten volle herlaai! Dit was ons 3/4de besoek aan Angels Rest en is vir seker nie die laaste nie. Dit is voorwaar 'n gem van 'n plekkie,...
Sien meer
Feb 2025
Pierre V
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer gaan. Baie cosy en het alles wat 2 slaapers selfsorgeenheid nodig het. Die matras kan maar vervang word.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ansie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 99

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Delphinium-straat 20, Blue Horizon Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6002, Oos-Kaap
  • Gaste dink Angels Rest het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Delphinium-straat 20, Blue Horizon Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6002, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA19ef0c0d79223fee7ec3e9fb30317cd8dcf4b2d53670152232ab786686472d3ae1d9d753e70ccea4c6358521c1a84bd9bc37?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag (plek vir 2) 99 5 1 5 20 Delphinium Street Blue Horizon Bay 6002 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.9700863 25.2618521

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011