Barefoot Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Seaview-weg 302, Chelsea, Gqeberha (Port Elizabeth), 6011, Oos-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Barefoot Cottage bied 'n rustige, plattelandse verblyf in op 'n heuwel en spog met 'n pragtige see- en plattelandse-uitsig. Die kothuis word deur die bome omring en is net 'n entjie vanaf die parkeerarea.
Die eenslaapkamerkothuis bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaapkamer spog met 'n uitsig oor die inheemse plantegroei, is lekker privaat en het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met stort, toilet en 'n wasbak.
Die oopplankombuisie is met 'n yskas, mikrogolf, broodrooster, dompelkoffiepot, eetgerei, breekware, toebehore, potte en panne, tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n eiland met sitplek toegerus.
Die leefarea het 'n gemaklike rusbank en lei na 'n onderdakdek met 'n pragtige see- en platteland-uitsig. Die dek het buitemeubels en 'n tweeplaatgasstoof. Gratis WiFi is oral in die kothuis beskikbaar.
Daar is 'n gemeenskaplike braai-area net onder die kothuis. Hierdie area is onderdak en gedeeltelik toegemaak en het oorgenoeg sitplek en 'n kroegtoonbank.
Aktiwiteite in die area sluit swem, fietsry, voëlkyk, perdry, bergfietsry, visvang, voetslaan en wildritte in. Die Kragga Kamma-wildtuin is net 10 km ver, Sardiniabaai-strand is 5 km ver en Kinibaai-strand is 6 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 26
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Old Seaview-weg 302, Chelsea, Gqeberha (Port Elizabeth), 6011, Oos-Kaap
- Gaste dink Barefoot Cottage het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Seaview-weg 302, Chelsea, Gqeberha (Port Elizabeth), 6011, Oos-Kaap