Beach Shack at Kingston
Kry 10% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vir verblyf vanaf 4 Apr 2025 tot 31 Mei 2025.
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 08:00 - Adres: Trinidadweg, Kingston Place Marina Martinique 27, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
-
Vanaf
R2 400R2 160 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Beach Shack at Kingston is in Marina Martinique, Jeffreysbaai, geleë. Hierdie woonstel is op die eerste verdieping en het 'n pragtige uitsig oor die marina.
Dié eenheid bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders onder 16 jaar en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en die gaste in hierdie kamer gebruik die gastebadkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Daar is twee gehalte-enkelbedmatrasse wat ekstra slaapplek aan kinders of jong volwassenes onder 16 jaar in die leefarea bied. Hierdie matrasse kan opgevou word en in 'n ottoman omskep word. Gehaltelinne, badhanddoeke en -handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe, toonbank met 4 stoele, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die kombuis lei na 'n leefarea met 'n gemaklike hoekbank en 'n TV met stromingsdienste.
Die leefarea se skuifdeure lei na 'n onderdakstoep met 'n uitsig oor die marina. Die stoep het 'n etenstafel en 'n ingeboude braai.
Gaste het toegang tot veilige, privaat parkeerplek en die kanale wat veilig is om in te swem. Gratis WiFi is beskikbaar. Beach Shack at Kingston is naby verskeie geriewe en aktiwiteite soos winkels, restaurante en die strand.
Die woonstel is selfsorg en word nie skoongemaak gedurende verblyf nie. Geen linne of handdoeke sal geruil word nie. Wasgoedtablette word elke dag voorsien om die handdoeke vars te hou.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Kindermatras vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Melissa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Trinidadweg, Kingston Place Marina Martinique 27, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
- Gaste dink Beach Shack at Kingston het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 08:00 - Adres: Trinidadweg, Kingston Place Marina Martinique 27, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap