Beachwalk B&B
Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 13 Des 2024 tot 26 Des 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 22 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2de Laan 1, Somerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
-
Vanaf
R2 180R1 853 per nag, vir 2 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Beachwalk Bed and Breakfast Summerstrand bied 4-ster akkommodasie in Gqeberha (Port Elizabeth), net 60 m van die gewilde strande af. Dit is baie naby aan die Boardwalk Mall en Casino. Hierdie erfenisgebou, een van die oorspronklike gastehuise in Gqeberha (Port Elizabeth), is stylvol opgeknap. Al die kamers is smaakvol versier en gemaklik. Dit is waarlik 'n rustige hawe waar jy 'n dag op die strand kan geniet, die wildparke daarnaby kan besigtig, of na 'n besige dag by die werk jou skoene kan uitskop.
Al die kamers het en-suite badkamers, private ingange en stoepe in 'n rustige tuin. Daar's 'n swembad en veilige parkering. Elke kamer het 'n spieëltafel, dakwaaier, DStv, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaak-geriewe en graits WiFi. Dubbelkamers het enkel-, koningingrootte- en koninggrootte-beddens. Daar is sonpanele en battery-rugsteunkrag vir bystad gedurende beurtkrag.
Vir die kieskeurige toeris of besigheidsman wat verblyf in Gqeberha (Port Elizabeth) kort, is hierdie opsie ideaal. Nie net is Beachwalk Bed and Breakfast net 60 m van die strand af nie, dit is ook naby die lughawe. Jy kan jou kar parkeer of reël om afgelaai te word, jou voete vind en dan na die grootste onthaal-fasiliteite in Gqeberha (Port Elizabeth) loop. Gaste wat van avonture hou kan aan watersport-aktiwiteite by Hobie Beach deelneem. Ander kan sonbaai, rustige stapsessies of verfrissende draffie op die sand onderneem om die dag op 'n lekker noot af te skop.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jackie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 2de Laan 1, Somerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
- Gaste dink Beachwalk B&B het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Somerstrand Gqeberha (Port Elizabeth) Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 22 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2de Laan 1, Somerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), 6001, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang