Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Calamari 10

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Rayweg, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Calamari 10 is 'n vakansiewoonstel teen die strand in Ramsgate. Dit bied ongelooflike uitsigte oor die branders en die see. Dit is net 30 m van die veranda na die strand.

Die woonstel het 2 verdiepings en bied slaapplek vir 6 gaste. Daar is 2 slaapkamers bo, elkeen met 'n koningingrootte-bed. Op die onderste vloer is daar nog 'n slaaparea met 'n enkelbeden invou-enkelbed langs die sitarea. Die kamers en die sitarea het elkeen lieflike see-uitsigte en plafonwaaiers. Die woonstel beskik oor 2 badkamers en 'n gaste-toilet. Die een badkamer is en suite en het 'n bad en die ander badkamer het 'n stort.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Gaste hoef nie hul dekodeerders saam te bring nie. Daar is ook WiFi en Netflix.

Die woonstel het onderonderbroke kragtoevoer tydens beurtkrag sodat die WiFi en TV werk.

Skuifdeure lei van die sitkamer na die veranda met braaigeriewe. Daar is ook 'n groot grasperk waarop kinders kan speel.

'n Enkelmotorhuis word voorsien en die eenheid beskik oor 'n alarmstelsel en 'n kluisie vir jou waardevolle besittings.

Die woonstel word nie skoongemaak nie, maar dit kan gereël word teen 'n addisionele fooi. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke bring. 'n Wasmasjien en tuimeldroeër is beskikbaar.

Die woonstel is stapafstand vanaf Ramsgate en Margate se Blouvlagstrande waar geswem kan word, asook vanaf die Waffle House en Blue Lagoon Restaurant. La Capannina en Just So Chinese-restaurante is slegs 200 m weg.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort
Badkamer 3

Stort
Badkamer 4

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.3
Wat gaste dink
Elainne V
5.0
Wonderlike wegbreek en saligheid, rus vir die siel. Onbeskryflike perfekte plek om te gaan rus en 'n wonderlike uitsig oor die see.
Okt 2023
Liana S
Gesin met klein kinders
5.0
Altyd asemrowend! Ons gaan al vir 4 jaar Calamari toe en sal altyd weer teruggaan. Dit is 'n wonderlike plek en baie maklik met klein kinders!
Okt 2023
Anton V
Gesin met tieners
5.0
Excellent stay. Safe and secure. Well equipped, modern and clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2023
Annelie U
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowende uitsig en toegang tot die see/strand. Woonstel baie skoon en netjies - het alles wat mens nodig het, was heerlik.
Mei 2023
Suzaane D
Gesin met klein kinders
4.8
Gerieflik, netjies en perfek vir 'n gesin met klein kindertjies. Die huis is ten volle toegerus met alles wat jy nodig het. Kindertjies kon lekker spe...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Mandy Geverifieer

Eiendomme 88

Resensies 396

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Rayweg, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Calamari 10 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Rayweg, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfc66e9322419b7d918afdb16ead3caae8736e91e14562300c38382e19b47a996a2b5a126f4ca9bbc81bac969161e831c9fc2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6) 67 5 1 5 Ray Road Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -30.874755190453 30.36263152957

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang