Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

De Hoop Plaas

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N1, De Hoop Plaas, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

De Hoop Gaste Plaas skuil op 'n werkende plaas naby Beaufort-Wes in die hartjie van die Karoo en bied gerieflike selfsorgverblyf.

Verblyf is beskikbaar in 4 selfsorg-eenhede.

Huisie Nommer 1 beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n induksiestoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, breekware en eetgerei asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan by die kaggel ontspan of braai op die stoep. Daar is 'n klein ingeperkte area met gras voor die stoep. Hierdie huisie het 'n songeyser, so op bewolkte dae is die water net louwarm. Gelukkig is dit selde 'n probleem in die sonnige Karoo.

Huisie Nommer 2 beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, ’n kombuis en ’n leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Alle beddegoed en linne word voorsien Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is toegerus met ’n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Hierdie huisie het n afdak bo die stoep en daar is 2 groot bome wat baie skaduwee verskaf. Hierdie huisie is ook gelee met n mooi uitsig op die berg.

Huisie Nommer 3 beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, ’n oopplan kombuis-leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is toegerus met ’n induksieplaat, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe.

Huisie Nommer 4 beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, ’n oopplan kombuis/leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is toegerus met ’n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Hierdie huisie het n afdak bo die stoep. Die huisie het 'n groot erf, perfek vir troeteldiere. Hierdie huisie is ook gelee met n mooi uitsig op die berg.

Troeteldiere is meer as welkom.

Gaste kan die nabygeleë Karoo Nasionale Park besoek wat die tuiste van 'n verskeidenheid inheemse bokke en voëls is en 'n toevlugsoord is vir die hoogs bedreigde swartrenoster en Oewerkonyn. Aktiwiteite om en in die area sluit voetslaan, 4x4-roetes, wildkyk en geskiedkundige toere in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
3.9
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Lex K
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige natuurskoon en rustigheid. Vriendelike ontvangs en behulpsaamheid.
Jun 2023
Deon C
4.8
Pragtige klein en tipiese ou Karoo-plaashuis. Ons was mal oor die vreedsame en rustige atmosfeer. Die huis is goed toegerus en die vars blomme in elke...
Sien meer
Mrt 2023
Carl N
Gesin met tieners
4.6
Karoo stilte. As jy opsoek is na Karoo stilte ver weg van die dorp of N1, is hierdie die plek. Dit is nie luuks nie, maar skoon en netjies. The host w...
Sien meer
Des 2023
Derek K
Saam met lewensmaat
4.6
It was comfortable and clean. The shower did not work. Too much scale in the shower head. Did not see Marietta before we left. She does...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2023
Jacques M
Saam met lewensmaat
4.4
Well received. Clean, quiet and can be recommended. Very nice stay. Owner made contact in advance and gave directions. Place was clean ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Ron Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Langs die N1, De Hoop Plaas, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Hoop Plaas het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N1, De Hoop Plaas, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5E766OfvQBCr3bf4cw6VsU23QcTONWkhM1CpPQ4FPNJYqiovjg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 20 5 1 5 Off the N1 De Hoop Farm 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.151565287186 22.724433800513

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang