Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Concord 2

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 45, Stellenbosch-middedorp, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Concord 2 is 'n oopplan-selfsorgwoonstel in die boonste deel van Kerkstraat in Stellenbosch se middedorp. Dit is ideaal vir 'n paartjie of sakereisigers wat 'n nag of 2 in hierdie erfenisryke dorp wil deurbring.

Die ateljeewoonstel met lugversorging bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Die toonbank met stoeltjies dien ook as 'n etenstafel. Die sitarea het 'n rusbank en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die skuifdeur lei na 'n klein balkon met 'n uitsig oor die eikebome in die straat.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
TV
Lugversorging

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.6
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Sean G
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Excellent stay. Very comfortable and secure. Excellent value. Will come again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Elize P
5.0
Fantasties! Ek sal weer by Concord 2 bly. Alles was wonderlik en perfek!
Jan 2024
René M
Saam met lewensmaat
5.0
Sentraal. Concord 2 bied die perfekte ligging tydens 'n toer om Stellenbosch te verken.
Okt 2023
Lucretia E
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte oornagplek tydens die Woordfees. Skoon en netjies, smaakvol en lekker koffie met beskuit en koue water in die yskas. Ons gaan vir seker weer ...
Sien meer
Okt 2023
Theresa V
Gesin met tieners
5.0
Loopafstand na alles en lekker ruim, baie skoon en veilige parkering. Bespreking was maklik. Personeel by Concord was vriendelik. Sentrale ligging. Ne...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Nelius Geverifieer

Eiendomme 11

Resensies 142

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Kerkstraat 45, Stellenbosch-middedorp, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
  • Gaste dink Concord 2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 45, Stellenbosch-middedorp, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA31761d3770d3f7c0752bc9aae2f5f1dc82e3ea680acff38d2ed090616a9829de74b2b2bb39e2d3e82e9ebdb0c93f41d2f336?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 45 Church Street Stellenbosch Central 7599 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.9379416 18.863284

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang