Cooper's Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Burnside JT306 64, Alkmaar, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
- Vanaf R1 500 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Cooper's Cottage is 'n lieflike selfsorg-vakansiekothuis op 'n plaas wat sowat 15 minute buite Mbombela (Nelspruit) geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir gaste wat op soek is na 'n rustige naweekwegbreek.
Dié kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed. Daar is ook ñ dubbel slaapbank in die sitkamer. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek.
Buite is 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai. Hierdie kothuis werk slegs met gas en sonkrag en ervaar geen kragonderbrekings nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Nicoline Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 maande
Ligging
- Burnside JT306 64, Alkmaar, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
- Gaste dink Cooper's Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mbombela (Nelspruit) Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Burnside JT306 64, Alkmaar, Mbombela (Nelspruit), 1200, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang