Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Desert Quiver Camp

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.2
Veiligheid
5.0
Anne-mariè D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Pragtige blyplek en asemrowende natuurskoon. Heerlik gebly en dit geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Taleni Africa
Desert Quiver Camp
Beste Anne-marié, Baie dankie vir die ongelooflike terugvoer! So bly hulle het die natuurskoon geniet en lekker gebly by ons. Sien uit om julle weer te sien. Beste wense, Die Desert Quiver Camp Span

Leatitia M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Stil met asemrowende skoonheid om jou. Baie lekker gekuier in die natuur en die verblyf was fantasties.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Taleni Africa
Desert Quiver Camp
Beste Leatitia, Duisend dankies vir die wonderlike terugvoer! Ons is bly om te hoor julle het die kuiertjie geniet en sien uit om julle weer by ons te verwelkom! Beste wense, Die Desert Quiver Camp Span

Elmarie V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Pragtige huisies in die woestyn! Kamer en badkamer mooi modern. Ons het heerlik gebly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Taleni Africa
Desert Quiver Camp
Beste Elmarie, Vreeslik baie dankie vir die mooi terugvoer! Baie bly dat julle ons moderne huisies geniet het en lekker by ons gebly het! Ons sien uit om julle weer te verwelkom! Beste wense, Die Desert Quiver Camp span

Kobus T
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Jun 2024

Aangenaam. Kort net kassies langs die bed, en gemakstoele buite by die braai.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Taleni Africa
Desert Quiver Camp
Beste Kobus, Baie dankie vir die goeie punte en terugvoer - sal hieraan aandag gee om te verbeter. Ons sien uit om julle weer te verwelkom! Beste wense, Die Desert Quiver Camp Span

Morne S
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Mrt 2024

Mooi area om is te reis. Was teleurgestel om nie by Desert Quiver Camp te kon bly nie, was glo "overbooked" nadat ons bevestiging ontvang het van die bespreking 'n week voor ons aankoms. Die persoon waarmee ek gepraat het was nie baie vriendelik of behulpsaam nie en ons is aangese om te skuif na die Desert Camp langsaan. Daar het ons darm vriendelike personeel ontmoet en kon ons lekker bly. Plek was skoon en gerieflik met 'n pragtige uitsig. Ek beveel steeds altwee plekke aan omdat dit so mooi area is.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Taleni Africa
Desert Quiver Camp
Beste Morne, Baie dankie vir die terugvoer en aanbeveling vir beide Desert Camp en Desert Quiver Camp! Bly julle het die skoon en gerieflike geriewe geniet asook die pragtige uitsig! Jammer oor die fout wat ingetree het van ons bespreking span se kant af. Ons sien uit om julle weer te verwelkom! Beste wense, Die Desert Camp & Desert Quiver Camp span

Auguste E
1 nag Saam met vriende
5.0
Jun 2023

Die tente is pragtig en goed onderhou. Die staf was ongelooflik vriendelik en behulpsaam. Die mooiste uitsig oor die Namib en 'n plus dat dit net 5km van die Sossusvlei-hek en Sesriem Canyon is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Taleni Africa
Desert Quiver Camp
Beste Auguste, Baie dankie vir die fantastiese terugvoer! Ons is bly julle het ons ligging en die mooiste uitsigte geniet! Sien uit om julle weer te sien! Beste wense, Die Desert Quiver Camp span

Bridget G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2023

Baie goeie ervaring. Die kamp is ideaal geleë vir 'n besoek aan Sossusvlei. Dit vorm deel van 'n groter opset wat Sossusvlei Lodge en Desert Camp insluit. Geriewe is voldoende vir oornag en selfsorg. Ek sal aanbeveel dat daar tafeltjies langs die bed is, dis nogal 'n ellende indien daar nie plek is om iets langs die bed neer te sit nie. Verder kort die kitchenette se seil definitief aandag. Ons eenheid se seil het nie behoorlik toegemaak nie en was ook geskeur. Dit het egter nie afbreuk gedoen aan ons verblyf nie. WiFi by die akkommodasie bestaan glad nie en dis elke keer 'n ekskursie om opvang van enige aard te kry. Hoewel party mense van die toneel verdwyn met vakansie, is dit nogal noodsaaklik om soms net "in te check".

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Taleni Africa
Desert Quiver Camp
Beste Bridget, Baie dankie vir die goeie sterre en terugvoer! Bly julle het ons oornag en selfsorg geriewe voldoende gevind en 'n goeie ervaring gehad! Jammer vir die ongerief van die seil by die kombuisie - 'n paar rukwinde die afgelope tyd het skade gemaak en ons gee aandag daaraan. Met ons afgeleë ligging is dit nie moontlik om goeie WiFi te waarborg nie, dus dui ons dit geensins aan as iets wat ons bied nie. Hoop om julle weer te verwelkom! Beste wense, Die Desert Quiver Camp Span

Breganza J
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2022

Pragtige ligging. DIe tente is pragtig en baie goed toegerus. Die kamp is lekker naby aan die ingang na Sesriem/Sossusvlei. Die personeel is super vriendelik en behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Taleni Africa
Desert Quiver Camp
Beste Breganza Baie dankie vir die fantastiese terugvoer. Ons is baie bly julle het ons ligging geniet, the toegerusde eenhede asook die vriedelike diens van ons personeel. Hoop om julle weer te sien. Beste wense Die Desert Quiver Camp Span

Hans G
1 nag Saam met vriende
4.8
Feb 2022

Heerlik rustig met ’n lekker swembad om in af te koel. Ideaal vir oornag of ’n aand of twee te rus. Mooi wild wat in die kamp kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Taleni Africa
Desert Quiver Camp
Beste Hans, Baie dankie vir die wonderlike terugvoer. Ons is baie bly dat julle die swembad en die wild wat daar rondloop geniet het. Ons sien uit om julle weer te verwelkom met julle volgende kuiertjie na Sossusvlei. Beste wense Die Desert Quiver Camp span.

Solly B
1 nag Saam met vriende
3.8
Des 2022

Lekker oornagplek na 'n lang dag se reis. Alhoewel die kamers netjies en groot is, het ek meer van die instansie verwag gegewe die prys wat ek betaal het. Ons het vooraf kosse bestel. Dit was lekker, alhoewel porsies maar klein was. Die teleurstelling is die feit dat daar geen eetgerei en kombuisgeriewe is nie. Dit moet jy ook vooraf bestel en ontvang dit in 'n krat waarvoor jy 'n deposito moet betaal. Mens sou dink dat hulle jou ten minste daarvan vertel voor die tyd, aangesien hulle mos kan sien dat jy kos bestel her vir braai? En dan word jy boonop vertel dat jy self die skottelgoed moet was en weer die krat terugneem na ontvangs om jou deposito terug te kry. Dit is vir my onnodige ongerief en webtuiste kan vir seker maar gaan kyk en vergelyk met instansies wat soortgelyke pryse vra in ewe gewilde toerismebestemmings. WiFi werk ook net by die ontvangs/kroeg en nie in die kamers nie.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Taleni Africa
Desert Quiver Camp
Beste Solly, dankie vir die terugvoering. Ons noem spesifiek in ons beskrywings, "Kratte met die nodige eetgerei is by ontvangs teen 'n terugbetaalbare deposito beskikbaar," sodat gaste bewus is van dit voordat hulle bespreek. Die kosse wat vooraf bestel was se porsie grootte en gewig word aangedui op die bestel vorm en word daarvolgens verpak. Met ons afgeleë ligging bied ons die beste Wi-Fi sein wat ons ontvang op ons lyne aan op een konsentreerde plek waar gaste dit kan gebruik by die kroeg, swembad en ontvangsareas. Hoop om julle weer te verwelkom. Beste wense, Die Desert Quiver Camp Span.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Taleni Africa Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 107

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R 2 700
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 2 700
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 96 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Desert Quiver Camp op die D826, Langs die C7, Sesriem, 0000, Hardap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqNHZHgZi44qfg6BBgK1vpH6RyOtFzeIk7Yjw5UjXfdFI9QnAHa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 700 per nag (plek vir 4) 21 5 1 5 Desert Quiver Camp on D826 Just off C7 0000 Hardap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.4857590658 15.83765433949

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang