Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Grofhuis

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls

Veiligheid:
Roofdiere kom wel in Marlothpark voor. Tans word daar versoek dat gaste nie na-ure rondloop/fietsry nie. (Daar is ‘n aandklokreël ingestel vanaf 18:00 - 06:00.
Aktiveer die alarm indien gaste heeldag weg sal wees. Maak seker waardevolle items word saans binne toegesluit en moenie los artikels naby oop vensters laat lê nie.

Gaasrame:
Die venstergaas in die kombuis en leefarea het slotte.
Let asb. dat hierdie gaasrame nie in die af-posisie kan wees as die vensters toe is nie, want die toe vensterknippe verhoed dit.

Bobbejane en ape:
Moet asseblief nie die bobbejane of ape voer nie - al is hulle hoe oulik. Hou ook deure en gaasrame toe as hulle in die omtrek is. Hulle is baie skelm en kan self deure oopmaak – maak seker alle vensters en deure is gesluit as gaste gaan stap of ry.

Voer van diere:
Slegs vrugte of spesiale wildsblokkies (beskikbaar by winkel) mag vir die diere gevoer word. Moet asseblief onder geen omstandighede enige mielies, brood of pap aan die diere voer nie. Hulle kan dit nie verteer nie en dit sal hulle skade aandoen.

Gaste is welkom om hulle oorskiet-beentjies/-slaai op een van die voerplekke uit te krap saans. Die Grofhuis het inwonende boommuisies, nagapies, en ‘n groot-bosnagaap wat elke aand piesang kom eet. Gaste is welkom om piesang uit te sit vir hulle op die aangewese voerplekkies. Kyk ook uit vir Theunis die skilpad in die dag, sy is baie lief vir vrugte.

Moet asb nie enige diere in die park met die hand probeer voer nie. Van die diere is onvoorspelbaar en gevaarlik. Hulle maak ook ‘n oorlas van hulself mettertyd en moet dan verwyder word.

Elektrisiteit:
Die Eskom-beurtkragarea vir die eenheid is Marlothpark 16. Maak asseblief seker dat alle ligte/implemente afgeskakel is tydens beurtkrag. Die Grofhuis het ‘n voorafbetaalde kragmeter, gaste sal outomaties 100 eenhede gratis kry. Die monitor sal begin biep sodra dit onder 25 eenhede val. Koop gerus meer, die meterkode is onderaan die monitor geskryf.

Ligte:
Lapa Buitelig: Die lapa se buitelig kan aan- en afgesit word by die skakelaar in die gastekamer naaste aan die stoep.
Ligte, Waaiers en Lugversorging werk elkeen met ‘n skakelaar asook ‘n afstandbeheerder. Moet asseblief nie waaiers en lugversorging aanlos as gaste weg is nie (elke vertrek kan binne 5 minute die verlangde temperatuur bereik op die turbo-stelling.

Swembad en buiteligte vir atmosfeer:
Moet asseblief nie duik nie, die plonspoel is vlak en het ‘n ingeboude sitvlak. Die pompskakelaar kan gevind word in die elektriese verdeelbord langs die koskas in die kombuis: Hierdie skakelaar sit die swembadlig asook ligte agter die rugleunings van die Lapa aan. NB: Moet asb. nie die pompskakelaar aan los nie. Weens beurtkrag is die pompmotor nie op 'n tydskakelaar nie.

WiFi en DStv:
Die Grofhuis het WiFi beskikbaar vanaf 00:00 – 18:00 daagliks. Die naam vir die Wifi is “Geraasblaar” en die kode kan gevind word binne-in die elektriese verdeelbord langs die koskas in die kombuis.
Die TV het ook toegang tot DStv, YouTube en Netflix. Moet asseblief nie die module op die vensterbank in die kombuis skuif nie, dit staan op die beste posisie. Wees asseblief geduldig met die selopvangs asook wifi-opvangs in die bos.

Toilette:
Marlothpark gebruik 'n "French drain" sisteem. Asseblief spoel slegs bio-afbreekbare voorwerpe in die toilette af.

Yskas en Vrieskas:
Die silwer yskas in die kombuis het nou ontwikkel in ‘n dubbelyskas in (die vrieshok word nie koud genoeg vir vries nie). Maak gerus gebruik van die losstaande vrieskas in die leefarea. Drink gerus die gefiltreerde water vanuit die yskashouer, let wel dat die yskas net water kan tap as die krag aan is.

Vullis:
Om te keer dat diere nie vullis verskeur nie, maak Marlothpark gebruik van metaal-/houtkaste in plaas van swart asdromme. Plaas asb. vullis in swartsakke in die groot houer vir Raasblaar 3468 by die straatingang. Moet asb. geen los items in die houer los nie.

Muskiete:
Marlothpark is geleë in ‘n malaria gebied. Alhoewel dit relatief min gebeur, is daar tog gevalle van mense wat malaria kry in die park. Wees aandagtig en spuit gereeld muskietweerder.

Musiek/Geraas:
Respekteer asseblief die diere asook jou buurman. Geen geraas of harde musiek word toegelaat in die park nie.

Rivier Toe:
Die Grofhuis is 500 m vanaf die rivier soos die kraai vlieg, saans kan ‘n mens die rivier hoor kabbel. Vir ‘n lekker oggend of laatmiddag staproete stel ons voor om af te stap in Grass-laan, draai dan links in Elandstraat tot by Seekoeistraat, draai links in Seekoeistraat en stap al langs die rivier op tot by Berghaanstraat. Draai hier weer links na Raasblaarstraat tot by die huis. Dit is in hierdie stukkie rivier waar besoekers gereeld olifante, leeus en selfs luiperds sien (2,4 km).

Kontak ons gerus as enigiets onduidelik is. Ons hoop julle kuier lekker!

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Raasblaarstraat 3468, Marlothpark, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7ba0e349d096e961868ed734f8e8814fe618afa174af635613eb5bfa9978bc666cfa70515634c549c5b162709035ea98add5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 3468 Raasblaar Straat Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.3392954 31.807749

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang