Die Poort Private Nature Reserve
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Die Poort Natuurreservaat, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Poort Privaat Natuurreservaat is 'n ideale wegbreekplek wat 1250 hektaar groot is en al die rustigheid bied wat jy nodig het in 'n berg- en rivier-ryke omgewing. Die reservaat grens aan die Swartberg Bewarea en is binne 3 internasionale biodiversiteit-sones geleë tussen die Karoo se vetplante, die Kaapse blommeryk en kreupelbosse.
Die plaas bied 'n uitsig oor die Gamkarivier wat die Swartberge verlaat nadat dit vir 23 km deur die Gamkapoort gevloei het. Die laaste 5 km van die rivier is binne Die Poort se grens. Aan ons suidekant lê Die Hel.
Daar is 3 historiese, unieke kothuise genaamd The Barn, Fig Tree en Eagle's Nest. Elk kothuis het 'n uitsig oor die omliggende vallei en berge.
The Barn het 2 slaapkamers en is deel van 'n gerestoureerde skuur uit die vroeë 20ste eeu waar drank aanvanklik gedistilleer is. Fig Tree is in 1915 as 'n pioniershuis gebou. Dit het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n aparte gebou langsaan met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Eagle's Nest is naby die rivier en was ook 'n pionierkothuis uit 1881. Dit het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en daar is nog 2 enkelbeddens in die oopplan-leefarea.
Daar is geen elektrisiteit in die kothuise nie. Elke kothuis is toegerus vir selfsorg en beskik oor 1 tot 2 slaapkamers, ruim geriewe en 'n geiser wat met gas en sonkrag werk. Elke eenheid het braaigeriewe, maar gaste moet hul eie hout saambring. Sonkragpanele bied elektrisiteit aan die yskaste, warmplate werk met gas en sonligte word voorsien vir beligting. Let asb. daarop dat 'n mens 'n 4x4 of 'n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte benodig om Eagle's Nest te bereik. Daar is nie selfoonsein of WiFi op die plaas of in die vallei nie. Ons bied rus vir die siel.
Hier is baie om te doen, soos voetslaan, swem, kano, bergfiets en voëlkyk. Die Bojaanskop 4x4-roete is hier naby. Die omgewing bied ook geriewe en besienswaardighede soos 'n warmwaterbron, volstruisplase, die Kangogrotte, Seweweekspoort, Groenfonteinkruis-rivierpad, Red Stone Hills, Gamkaberg Provinsiale Natuurreservaat, Rooibergpas, Swartbergpas en Die Hel.
Let asb. op: Ons benodig ten minste 3 volle dae kennis voor die inklokdatum vir bevestigde besprekings om die nodige reëlings te tref. Dankie dat jy verstaan.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Talitha Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 87
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Die Poort Natuurreservaat, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
- Gaste dink Die Poort Private Nature Reserve het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Die Poort Natuurreservaat, Calitzdorp, 6660, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang