Etendeka Mountain Camp & Etendeka Hiking Trails
Kry 50% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 31 Des 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 20 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 16:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Etendeka Concession, Kunene-streek, Damaraland, 0000, Kunene
-
Vanaf
R11 660R5 830 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Etendeka Mountain Camp & Etendeka Hiking Trails is aan die voet van die Grootbergmassief geleë. Dit is ideaal vir reisigers wat bereid is om buite hul gemaksone te beweeg en dié afgeleë wildernis met sy ru prag op 'n outentieke manier te kom beleef.
Paadjies lei na 10 privaat Meru-tente in die skaduwee. Dié tente het elkeen hul eie pragtige, eko-vriendelike buitelug-emmerstort. Die kamp bied eenvoudige gemak in 'n ruwe landskap en hoewel die uitsig vanuit die bed asemrowend is, is dit eers wanneer gaste buite op 'n kampstoel terugsit dat hulle sal voel hulle is nou tuis in die natuur. Ontwerpelemente sluit 'n gestapelde basaltklipmuur vir privaatheid in, maar die oorheersende kenmerk bly die natuurlike omring.
Eenvoudige, vars en gesonde etes word in sonkrag-oonde of op die vuur voorberei, en onder die Afrika-hemel geniet. Daar word deurgaans van sonkrag in die kamp gebruik gemaak. Gaste kan in die swembadjie afkoel en 'n aantal drankies en skemerkelkies geniet.
Die area bied 'n ryk en diverse omgewing om te voet of met 'n skilderagtige rit verken te word. Hierdie onvergewensgesinde landskap is 'n toevlugsoord van 'n diverse aantal plant- en soogdierspesies. Hier word mens daaraan herinner dat ons almal gaste van Moeder Natuur is.
Ervaar die skerp skoonheid van Kaokoveld se wildernis te voet. 'n Unieke nuwe aanbieding van Etendeka Mountain Camp en die Etendeka-gemeenskapstrust wat uit die Anabeb- en Omatendeka-gemeenskapsbewarea bestaan, is die Etendeka-staproetes.
Die Etendeka-staproetes beloof om 'n outentieke en opwindende ervaring in die natuur te wees. Gaste kan deur een van Namibië se mees afgeleë en ongerepte landskappe stap, skemerkelkies geniet terwyl hulle uitkyk oor nimmereindigende uitsigte oor antieke rotsformasies, en onder die sterre slaap. Hierdie aanbieding is tans slegs op aanvraag beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Katja Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 1
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Etendeka Concession, Kunene-streek, Damaraland, 0000, Kunene
- Kapasiteit: 20 mense
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 16:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Etendeka Concession, Kunene-streek, Damaraland, 0000, Kunene
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang