Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gousblom 6

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gousblomstraat 6, Dwarskersbos, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Gousblom 6 bestaan uit 3 aparte eenhede in Dwarskersbos wat gesamentlik slaapplek aan 12 gaste kan bied. Die eenhede is slegs 100 m van die strand af.

Snoek is 'n gerieflike woonstel wat slaapplek aan 5 gaste (maksimum 4 volwassenes) bied. Die woonstel het 2 slaapkamers wat ’n badkamer met ’n stort deel. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Daar is ’n dubbelslaapbank in die sitarea.

Die oopplan-kombuis het ’n vierplaatstoof, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n etenstafel. Daar is ook gratis WiFi en 'n TV met Netflix. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Die eenheid het ’n semi -privaat braai-area, ’n binnehof en veilige parkeerplek is beskikbaar.

Galjoen is 'n gerieflike woonstel wat slaapplek aan 4 gaste bied. Die woonstel het 1 slaapkamer. Die badkamer beskik oor 'n bad en 'n stort. Die slaapkamer het ’n Koningingrootte bed en die woonvertrek het 2 enkelbeddens. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis het ’n vierplaatstoof, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n etenstafel. Daar is ook gratis WiFi en 'n TV met Netflix. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Harder is 'n gerieflike bachelor-woonstel wat slaapplek aan 4 gaste (maksimum 2 volwassenes) bied. Die bachelor beskik oor ’n badkamer met ’n stort. Daar is ’n dubbelbed en ’n dubbelslaapbank in die eenheid. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis-gedeelte beskik oor mini-stoof, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n etenstafel. Daar is ook gratis WiFi en 'n TV met Netflix. Die eenheid beskik oor 'n binne-braai maar het ook buite ’n privaat braai-area.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 64 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Marius C
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend en lekker gekuier. Pragtig, netjies en skoon, vriendelike gasvryheid Weskusmense.
Mrt 2024
Elray I
Gesin met klein kinders
5.0
Baie netjies skoon en veilig. Sal beslis weer daar gaan bly en aanbeveel! Baie lekker plekkie!
Feb 2024
Sanet P
5.0
Heerlik. Ek het lekker uitgerus.
Feb 2024
Joan S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker by die see in netjiese skoon woonplek, wat meer? Baie netjies en skoon, daar was alles wat mens nodig het. Ons sal beslis weer van hierdie plek...
Sien meer
Jan 2024
Greg M
Gesin met tieners
5.0
Rustig, lekker familie tyd en lekker stap strand. Ons as gesin het dit baie geniet, verblyf goed toegerus, sal vir seker weer gaan.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hannaleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 64

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Gousblomstraat 6, Dwarskersbos, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gousblom 6 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gousblomstraat 6, Dwarskersbos, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAezG4whWLMaUwVYaqES0v6rMEAMkHF4ygrMLOYM5oN3sqb6vBld?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 64 5 1 5 6 Gousblom Street Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.697777212857 18.226808713968

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang