Hartenbos Landgoed 16
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hartenbos Landgoed, Eenheid 16, Hartenbos, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R3 300 per nag, vir 7 mense
Beskrywing
Hartenbos Landgoed 16 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n huis met 3 slaapkamers en 'n solderkamer op 'n sekuriteitslandgoed met 24 uur-sekuriteit in Hartenbos. Dit is ideaal vir 'n groep vriende of 'n gesin.
Die huis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 'n solderkamer, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die ingeboude braai-area word met die kombuis verbind wat oor 'n opdienblad beskik. Die braai-area lei na 'n patio wat eindig waar die privaat tuin begin, dit verseker gaste se privaatheid.
Die eerste hoofslaapkamer is op die grondvloer en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die tweede hoofslaapkamer is ook op die grondvloer en beskik oor 'n koningingrootte-bed, 'n spieëltafel, TV, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer is op die boonste verdieping en beskik oor 'n koningingrootte-bed. Die solderkamer is ook op die boonste verdieping en beskik oor 'n enkelbed. Die derde en solderkamer deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Die kombuis is volledig toegerus met eetgerei, asook 'n mikrogolfoond, elektriese stoof en oond, elektriese braaipan, ketel, broodrooster, asook potte en panne. Die waskamer langsaan het 'n outomatiese wasmasjien, tuimeldroër, droograk, strykgeriewe en 'n yskas-vrieskas en skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n plasma-TV met DStv Premium.
Daar is 'n weeklikse skoonmaakdiens waartydens skoon linne en handdoeke voorsien word. Die skoonmaker sal ook die vloere en badkamers skoonmaak.
Die oopplan-kombuis/braai-area het ’n ingeboude braai, ’n gerieflike bank en ’n kisvrieskas.
Die landgoed word deur duine wat met luisterryke plantegroei bedek word, omring en bied 24 uur-toegangsbeheer wat gaste se veiligheid verseker. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad, en klimrame vir die kinders op die landgoed. Die strand is 15 minute se stap ver, al langs die treinspoor en af by die duin. Hartenbos se middedorp en hoofstrand is sowat 3,2 km en die Langeberg Mall is net 6 km vanaf die landgoed.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Elize Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 222
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Hartenbos Landgoed, Eenheid 16, Hartenbos, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Hartenbos Landgoed 16 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hartenbos Landgoed, Eenheid 16, Hartenbos, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang