Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kambro Accommodation & Farm Stall

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 55 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Brakdam, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Vanaf R500 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Kambro Accommodation & Farm Stall is halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad op die N12, 21 km noord vanaf Britstown in die rigting van Kimberley. Ons bied wonderlike plaasverblyf in die Karoo.

Daar is 10 selfsorg-chalets met lugversorging en ook 6 karavaanstaanplekke op gras, en 2 kampplekke. Die eenhede het elk met 'n privaat braai en elektrisiteit en daar is skoon ablusieblokke met warm water en opwasgeriewe.

Daar is 'n speelgrond vir kinders. Daar is ook geleenthede vir voëlkyk en voetslaan. Tydens Desember en Januarie se warm dae kan gaste in die dam afkoel.

Alhoewel hierdie selfsorgverblyf is, word ontbyt en aandete op versoek bedien. Gaste kan ook self onder die sterre braai, elke chalet het sy eie privaat braai. Let asb. dat klein troeteldiere slegs in sommige van die eenhede toegelaat word en indien dit gereël word.

Daar is 'n plaasstal op die perseel. Die restaurant het lugversorging, en bied ligte maaltye. Die restaurant sluit om 16:00 maar gaste kan wegneemetes bestel. Ons tuisgemaakte pasteie is 'n baie gesogte item en springbok, lam en hoender is beskikbaar. Die restaurant is gelisensieerd, so gaste wat oornag kan dus goeie kwaliteit wyn of bier saam met hulle maaltye geniet. Gaste ontvang 'n WhatsApp boodskap op die dag van aankoms met al die opsies vir aandete. Ontbyt word ook bedien. Gaste in die karavaanpark kan tuisgemaakte brood bestel. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die plaasstal verkoop verskeie konfyte, blatjang, ingelegde vrugte, droë vrugte, kweperlekkers, vrugtelekkers, geskenke, tuisgemaakte gemmerbier, suurlemoenstroop, boeke, beskuit, koekies, speserye en heelwat meer. Daar is ook 'n groot verskeidenheid rou of gekookte afval, lamsterte, gebakte kwepers, gevulde springbokboud en -saal (resepte ingesluit), boerewors, tuisgemaakte botter, sosaties, skilpadjies, ens.

Kom ervaar egte Karoo-gasvryheid op dié plaas. Verder word tuisgemaakte brood en botter sowel as tee en koffie in die chalets voorsien.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 534 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Marieta T
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut heerlik. Kambro was soos 'n oase in die woestyn. Uit die boonste rakke.
Okt 2024
Mariana D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik geëet, gestap, geswem, sterre gekyk en net lekker gerus. Wat 'n lieflike plek om die Karoo te ervaar! Die boomryke terrein is baie goed uiteen...
Sien meer
Okt 2024
Arno M
5.0
Rustig en waarde vir geld. Baie netjiese chalet met alles wat jy nodig het. Stil en rustig. Gratis vuurmaakhout is 'n bonus.
Okt 2024
Ben D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese ontvangs. Baie lekker hier. Alles is voldoende vir oornag en lekker rus.
Okt 2024
Frank G
Saam met vriende
5.0
Wonderlike plek om te rus. Dit was nou 'n heerlike ervaring van die ontvangs tot ons blyplek wat 'n lekker oornag rus in die Karoo.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Wilma Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 534

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Brakdam, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kambro Accommodation & Farm Stall het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 55 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Brakdam, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcwNzIyZWE0LTY2NjAtNDhlYS05MmM3LTc5ZTQ2OTA1MjhiZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag, vir 2 mense 534 5 1 5 Brakdam Britstown 8782 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -30.416749629539 23.565528988838

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang