Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Knys n Nautical @ Long Last

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 50% af

Kry 50% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 7 Jul 2024 tot 4 Okt 2024.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grey-straat, Eenheid nr. 24 by Oaklands on the Knoll, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 R500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Knys n Nautical @ Long Last is 'n selfsorg-dubbelverdiepingwoonstel met 2 slaapkamers in 'n pragtige tuin in die Oaklands on the Knoll-kompleks in Knysna. Die kompleks is 2 km vanaf die middedorp, 'n entjie vanaf die gejaag maar naby genoeg om rustig te stap na een van die talle winkels, koffiewinkels en restaurante, of om op 'n bankie by die riviermond of die hawe te sit. Die N2 is 'n paar minute se ry ver.

Die boonste verdieping beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n hangkas met rakkies en 'n skuifdeur wat na 'n dek met 'n uitsig oor die tuin lei. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n hangkas met rakkies. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.

Op die onderste verdieping is daar 'n oopplan-kombuis en -leefarea en die gastetoilet. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, wasmasjien, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware, potte en panne toegerus. Die sitarea het 'n rusbank, 3 gemakstoele en 'n TV teen die muur. Die sitarea het ook skuifdeure wat na die stoep wat om die huis strek lei en 'n uitsig oor die tuin bied. Die een kant van die stoep is met blindings toegemaak. Braaigeriewe is beskikbaar.

Veilige parkeerplek is in die kompleks 'n paar treë van die voordeur af beskikbaar. Parkeerplek vir 'n ekstra voertuig is op versoek beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Toilet

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Brian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Grey-straat, Eenheid nr. 24 by Oaklands on the Knoll, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Knys n Nautical @ Long Last het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
R1 000 R500
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 000
R1 000 R500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grey-straat, Eenheid nr. 24 by Oaklands on the Knoll, Knysna, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6bd43b8d688c46f95498774c737c2c5d8539cdc82aade1c1c2067e7987e47e744df9cd15b4213195b3d2d55ac5c7e0645ba2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R500 per nag (plek vir 4) 6 5 1 5 Grey Street Unit no. 24 Oaklands at the Knoll 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.028817554879 23.050270722615

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang