Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Memento Vivere

Gastehuis

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.3
Veiligheid
4.5
Marina J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Absoluut heerlik. Ons het heerlik gebly in die ruim en gemaklike eenheid. Alles was skoon, netjies en daar is letterlik alles wat 'n mens nodig kan kry. Die gasvrou is baie vriendelik en hulpvaardig. Die pragtige uitsig oor Mosselbaai vanaf die stoep was 'n groot bederf. Ons sal vir seker weer daar tuisgaan as ons in Mosselbaai kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marika
Memento Vivere
Dankie vir jou gawe woorde. Gaste soos julle wat bedagsaam en vriendelik is, maak die ervaring vir almal aangenaam. Julle is altyd welkom!

Stina B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Uitstekende waarde en verblyf in Mosselbaai. Uitstekende verblyf in 'n pragtige kamer. Veilige parkering, gasvryheid is uitstaande en die kamer is gemaklik en uniek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marika
Memento Vivere
Stina en Pierre is die ideale gaste! Vriendelik, gemoedelik, bedagsaam. Dit was so lekker om julle te leer ken. Altyd welkom!

Janine H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Very nice. On arrival, our host was an absolute star. We felt right at home. Stunning view of the harbour, it was also our first time in Mosselbaai. What a wonderful holiday it was. Thank you Memento Vivere.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marika
Memento Vivere
Janine en haar gesin was wonderlike gaste! So bedagsaam en vriendelik. Dankie!

Marietjie S
1 nag Saam met lewensmaat
2.6
Jan 2025

Mooi, maar besige dorp. Ons het onlangs by Memento Vivere in Mosselbaai oornag. Hoewel die akkommodasie oor 'n paar pragtige kenmerke beskik, was daar aspekte van ons ervaring wat ons teleurgestel het. Die perseel self is esteties interessant en goed onderhou. Die dekor het egter vir ons 'n mengelmoes gevoel gegee, met geverfde sementvloere en verskeie klein matjies wat nie regtig bymekaar pas nie. Die blou koeldrankglase wat vir wyn en whiskey gebruik moes word, het ook 'n bietjie aan die ervaring gekort. Die badkamer het 'n unieke ontwerp, maar die rou baksteenmure, blootgestelde koperpype, en 'n sementvloer in die stort het 'n industriële voorkoms geskep wat dalk nie almal sal aanspreek nie. 'n Groot punt van kommer was veiligheid. Die gladde, geverfde sementtrappe na die badkamer is gevaarlik, veral vir ouer gaste. Verder het die gordyn voor 'n deur wat nie gesluit kon word nie, ons onveilig laat voel, aangesien dit gelyk het of personeel toegang tot ons ruimte kon kry. Ons interaksie met die gasvrou het gemengde gevoelens gelaat. Haar opmerkings het soms effens indringend gevoel, soos toe sy sterk opinies oor ons reisroete gedeel het. Sy het ook ons aandag gevestig op die rookbeleid, wat ons reeds gerespekteer het. Ons verstaan dat reëls oor rook belangrik is, maar dit kan op 'n minder diskriminerende wyse gekommunikeer word. Oor die algemeen is die plek potensieel 'n goeie opsie vir gaste wat van minimalistiese en industriële styl hou. Maar 'n paar verbeteringe in gasvryheid, veiligheid en gemak sal 'n groot verskil maak om die ervaring vir alle gaste meer aangenaam te maak.

Netheid
4.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
3.0
Marika
Memento Vivere
Jammer om te hoor jul verblyf was nie na verwagting nie. SkipJack is ‘n oornag-eenheid wat nie selfsorggeriewe soos bv. whiskeyglase voorsien nie. Die dekor is ‘n kwessie van persoonlike smaak en die foto’s wanneer bespreek wys presies wat te verwagte is. Die vloerbedekking op die trap na die badkamer is nie verf nie, maar ‘n waterbestande duursame produk en ‘n handreëling verseker veilige gebruik van die trap. Die ander resensies van Memento Vivere en gaste wat in SkipJack gebly het, spreek vanself.

Pieter V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Awesome plekkie. Sal definitief weer daar oornag. Wat 'n lieflike plekkie. Skoon en netjies. Sal dit definitief aanbeveel. Ons het baie lekker gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marika
Memento Vivere
Altyd welkom! Julle was bedagsame en gawe gaste.

Renda H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Dit was die lekkerste bly en slaap uitsig oor die see. Ons het verskriklik lekker gebly, die gasheer was vriendelik en baie behulp saam, die kamers is stunning, jy voel op jou gemak met die instap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marika
Memento Vivere
Renda, julle was heerlike gaste! Altyd welkom.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Marika Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 7 maande

Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hill-straat 61, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA72b6aa402bee2326624547ed510c75edf46b42e4a498ef9da6fb37da7a7dddbb7790aacf38dcf1ff4b3ac0f5e9aeec8ac22f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 61 Hill Street Mossel bay 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.184896517031 22.147573498777

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang