Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mystic Breeze

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Branderdraai-straat 18, Sandbaai, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 900 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Mystic Breeze is 'n bekoorlike vakansiehuis in Sandbaai in Hermanus. Dit bied ruim en gerieflike selfsorgverblyf wat ideaal is vir gesinne of vriende wat op soek is na vakansieverblyf naby die strand.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan tot 12 gaste in 6 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste twee slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die laaste vier slaapkamers almal met 2 enkelbeddens ingerig is. Die eerste gedeelde badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet, terwyl die tweede badkamer 'n bad het en die derde badkamer 'n stort het. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Die sitkamer op die onderste verdieping is ingerig met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n groot etenstafel. Die vermaakkamer op die boonste vloer is ingerig met oorgenoeg sitplek, 'n TV en 'n pooltafel. Albei die leefareas maak oop na buite-patio's met sitplek en 'n ingeboude braai.

Gaste het toegang tot gedeeltelike see-uitsigte op die boonste patio en daar is veilige parkeerplek op die perseel. Hierdie eiendom is naby plaaslike geriewe soos winkels en restaurante en is ongeveer 750 m van Sandbaaistrand af via die Sandbaai Kuspad, 'n gewilde staproete.

Kamer-opset

Kapasiteit: 12 Aantal kamers: 6 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Ann Geverifieer

Eiendomme 15

Resensies 8

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Branderdraai-straat 18, Sandbaai, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Branderdraai-straat 18, Sandbaai, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3199183e9960b2fdf52c9a233746626635e09dda849520805408d07c74fa79336c5281dd0c7990a0ce55bbb757d7ed6adf43?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 900 per nag (plek vir 12) 18 Branderdraai Street Sandbaai 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.4198522 19.183939

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang