On The Rocks
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Francesstraat 1241, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
On The Rocks is 'n ruim vakansiehuis in Ramsgate, 'n dorpie aan die suidkus van KwaZulu-Natal. Ramsgate se rotse wemel van mossels en is daarom die ideale vakansiebestemming vir hengelaars.
Die lieflike vakansiehuis beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en skuifdeure wat na 'n groot onderdakstoep met 'n uitsig oor die see lei. Die ander 2 slaapkamers het enkelbeddens, waarvan een 2 enkelbeddens het en die ander een 3 enkelbeddens het. Die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n stort. Die ander 2 badkamers het albei storte en baddens. Al die slaapkamers het plafonwaaiers.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en 'n yskas toegerus, en daar is ook 'n ontbythoekie met sitplek vir 10 gaste. Die leefarea het gemaklike sitplek vir 11 gaste en 'n TV met onbeperkte WiFi. Die leefarea lei na 'n groot stoep met 'n uitsig oor die strand, 'n sitarea, 2 ketelbraaigeriewe en houtskoolbraaigeriewe.
Die aparte waskamer is met 2 wasmasjiene, 'n tuimeldroër, 'n strykyster en 'n strykplank toegerus. Daar is ook 'n kisvrieskas en 'n dubbeltoesluitmotorhuis met 'n pooltafel, tafeltennistafel, veerpyltjiebord en ander aktiwiteite. Die pragtige tuin langs die stoep neem gaste reguit na die strand.
Die huis het ook onderonderbroke kragtoevoer met sonpanele in die geval van beurtkrag sowel as addisionele watertenks in die geval van watertekorte.
Ramsgate is langs 'n rits natuurlike besienswaardighede vir natuurliefhebbers geleë. Sommige van hulle, soos die Oribi Gorge Natuurreservaat, bied skouspelagtige uitsigte en volop voëlspesies.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Mandy Geverifieer
Eiendomme 90
Resensies 402
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Francesstraat 1241, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Ramsgate Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Francesstraat 1241, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang