Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rainbow Guest House & Tours

Gastehuis
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lilacstraat 28, Strelitzia Park, Uitenhage, 6229, Oos-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Rainbow Guesthouse & Tours is in Strelitzia Park in die hartjie van Uitenhage. Die gastehuis bied 6 standaardslaapkamers en 'n tweeslaapkamer-selfsorgeenheid wat gerieflik is vir gesinne en langtermynkontrakwerkers.

Die selfsorgeenheid het 2 slaapkamers. Een van die slaapkamers het 'n dubbelbed en 'n enkelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eenheid het 'n kombuisie wat met 'n yskas, etenstafel, eetgerei, breekware, mikrogolfoond, ketel en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Elke kamer het 'n TV met DStv. Die eenheid het 'n badkamer met 'n bad en stort.

Die Standaardkamers het elkeen 'n TV met DStv, lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n en suite-badkamer en 'n privaat ingang. Die perseel het rook- en brandverklikkers om die veiligheid van gaste te verseker. Etes word op versoek aangebied.

Veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek is beskikbaar en die spasie is groot genoeg vir konstruksievoertuie.

Gaste is welkom om die gemeenskaplike buitebraai-area te geniet, en daar is 'n aangewese rookarea omring deur palmbome.

Die verblyf is naby die gholfbaan, die winkelsentrum en is stapafstand van Strelitziadam af. Die verblyf is sowat 30 minute se ry vanaf die Blouvlagstrande van Nelson Mandelabaai, 7 minute vanaf Springs Resort, Corkwood Mall, Sovereign Foods en sowat 45 minute vanaf die Addo Olifantpark.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
3.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Nonzwanga Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Lilacstraat 28, Strelitzia Park, Uitenhage, 6229, Oos-Kaap
  • Gaste dink Rainbow Guest House & Tours het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lilacstraat 28, Strelitzia Park, Uitenhage, 6229, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA87dadaa5abce4a3e256c084c331cef7c7baece230a87c23c61e1ae420c35a247ee128d454b9729bdd810936ac83b8d6350a2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 28 Lilac Road Strelitzia Park 6229 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.750666 25.427182

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang