SANParks Karoo National Park
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 312 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N1, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Vanaf R404 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Karoo National Park bied dolerietkranse, kalmte en oorgenoeg ruimte en is net buite Beaufort-Wes langs die N1. Dit is die ideale plek tussen die Kaap en Johannesburg stil te hou en is net 3 ure van die Tuinroete af. Dié park is ideaal vir ’n gesinsvakansie of naweekwegbreek.
Gaste kan wildkyk met hul eie voertuie of ’n geleide toer deur die Karoo se ekosisteem neem. Teen laatmiddag betower die pienk en blou van die lug jou en die Karoo word aan die brand gesteek met glansryke skakerings van oranje en rooi.
Die hoofkamp het Kaaps-Hollandse selfsorg-eenhede. Ontbyt is ingesluit by die tariewe vir dié eenhede. Die eenhede word daagliks skoongemaak en linne en handdoeke word voorsien.
Die ruskamp se swembad en verblyf is naby die kantoor en restaurant.
Verder is daar ook kampeerplekke en karavaanterreine. Hier maak gaste gebruik van gemeenskaplike ablusieblokke met storte, baddens, kombuistoeristing en ’n stoof en waskamer. Daar is ook ’n wasmasjien wat met muntstukke werk.
Daar is ’n à la carte restaurant wat oop is vir ontbyt en aandete en daar is ’n winkel waar basiese produkte en kunsvoorwerpe gekoop kan word. Piekniek-, braai en ablusiegeriewe asook ’n swembad is beskikbaar vir dagbesoekers by die Bulkraal piekniekarea. Piekniek- en braaigeriewe is ook by die Doornhoek-piekniekarea beskikbaar.
The Old Schuur Interpretive Centre is in ’n ou plaashuis en is net buite die ruskamp en naby die kampeerplek. Hiér kan gaste informasie kry oor die Karoo se fauna en flora asook die ekologiese geskiedenis van die Park.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1386
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Langs die N1, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Gaste dink SANParks Karoo National Park het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Beaufort-Wes Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 312 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N1, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang