UmVangati House
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 25 Mrt 2025 tot 31 Jul 2025.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Swadini-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
-
Vanaf
R5 460R3 640 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
umVangati House spog met 'n vriendelike en elegante atmosfeer. Dié intieme oord bied goedhartige diens, privaatheid en eksklusiewe verblyf. Of dit nou vir 'n spesiale geleentheid soos 'n wittebrood of 'n herdenking is, of sommer net 'n naweekwegbreek, umVangati House voer gaste behoorlik weg sodat hulle dadelik van die alledaagse stadsgedruis kan ontsnap. Dit is die ideale toevlugsoord vir diegene wat wil uitspan, ontspan en rus.
Daar is houtpaadjies wat na die 3 aparte, ruim Mountain View-suites met lugversorging lei. Elke suite is privaat en spog met 'n uitsig op die berg. Dié suites is so ontwerp om 'n uitsig op die berg en oor die watergat te bied en is met dekor wat deur die natuur geïnspireer is, versier. Gaste kan 'n skemerkelkie op die privaat dek geniet terwyl hulle deur die kleure van die sonsondergang meegevoer word.
Die Queen- en King-gastekamers is langs mekaar by die hoofhuis geleë en het elk 'n privaat ingang, lugversorging en 'n uitsig oor die welige bosveld.
Ontbyt word by die hoofhuis op die stoep bedien sodat gaste die uitsig kan bewonder terwyl hulle aan die heerlike maaltye smul. Die indrukwekkende wynkelder is ook op versoek beskikbaar vir romantiese etes.
"umVangati" is die Swazi-naam vir 'n kiaatboom wat op die perseel groei. Die eienaar het hierdie hout gebruik om al die deure, kaste, kombuise, spieëlkaste en meubels in die eenhede te maak.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Lidia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Swadini-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink UmVangati House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Swadini-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo