Villa Shonene
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg, Eenheid 35, The Gordonia, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Villa Shonene is 'n pragtige selfsorg-duplekswoonstel wat met 'n panoramiese uitsig oor Gordonsbaai se hawe spog. Hierdie verblyf is perfek vir 'n onvergeetlike vakansie saam met familie of vriende en is stapafstand vanaf Gordonsbaai se hoofstrand.
Dié woonstel het slaapplek vir 3 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, dubbelwasbak en 'n toilet. Die leefarea het 'n driekwartbed. Alle linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n wasmasjien toegerus is. Langs die kombuis is 'n eetarea met 'n tafel en sitplek vir 4. Die sitarea het 'n gemaklike L-vormige rusbank en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die sonterras het 'n gasbraai en gemaklike sitplek. Gaste kan die asemrowende uitsig oor die hawe en Valsbaai bewonder. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Hierdie eenheid is stapafstand vanaf die Blouvlag Bikinibaai, asook Gordonsbaai se hoofstrand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Kusweg, Eenheid 35, The Gordonia, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Gordonsbaai Mountainside Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg, Eenheid 35, The Gordonia, Gordonsbaai, 7150, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang