Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wellington Country House Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Richterlaan 27, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 790 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Wellington Country House Guesthouse is in die hartjie van die Kaapse Wynlande op die rand van 'n wingerd geleë, met 'n uitsig op die Hawekwaberg en Limietberge vanaf die swembaddek. Die gastehuis bied gehalteverblyf in 'n rustige area.

Die gastehuis se styl is "hygge", wat die Deense woord is vir knus en gemaklik, met 'n tikkie ouwêreldse bekoring is.

Verblyf word in 3 suites met gratis WiFi gebied. Die gastehuis het sonkrag en batterye, en die lugversorging, WiFi en ligte bly tydens beurtkrag aan.

Die Merlot-kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, toilet en wasbak. Dit het ook 'n privaat ingang.

Die Chenin Duette is 'n tweeslaapkamer-eenheid met 'n koninggrootte-bed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die tweede slaapkamer het 'n privaat en suite-badkamer. Albei slaapkamers het lugversorging.

Die Cap Classique Suite het 'n koninggrootte-bed, sitarea, aantrekkamer en 'n en suite-badkamer. Geriewe sluit 'n lessenaar, yskas en lugversorging in.

Daar is ook 'n swembad wat gaste kan gebruik, maar dis nie ideaal vir nie-swemmers nie aangesien die swembad nie 'n net het, of omhein is nie. Wellington Country House Guesthouse aanvaar geen verantwoordelikheid vir diegene wat die swembad gebruik nie.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die huis is 1,8 km vanaf alle geriewe, insluitend restaurante, winkels, voetslaan- en bergfietsroetes. Die eienaars sal graag gaste oor die area en aktiwiteite inlig.

Piekniekuitstappies na die Ceres-Karoo en Bainskloof is beskikbaar, maar dit moet vooraf bespreek word.

Kaasmaakwerkswinkels word op versoek aangebied en hier word feta, haloumi en ricotta gemaak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 41 resensies vir Wellington Country House Gastehuis
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Mara Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Richterlaan 27, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wellington Country House Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 790
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 790
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Richterlaan 27, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMCzBwW6ItD9vsdsNA4gGZZBDROPHjnlODJjSo1vN9XtMY94PSp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 790 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 27 Richter Avenue Wellington 7655 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-15:00 10:00 -33.654041728653 19.012378266865

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang