Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Whale Rock 32

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Ekstra Fooie

Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R390 administrasiefooi en R350 skoonmaakfooi per bespreking.

Prys sluit in
Selfsorg / Self Catering
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1300 moet direk aan die eiendom betaal word.

Huisreëls

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1300 word gehef en sal binne 10 dae na vertrek terugbetaal word in u rekening indien daar nie enige breekskade is nie.
Die breekskadedeposito is verpligtend en moet per EFT aan Markon Rentals betaal word. Jy sal binnekort na die bevestiging van bespreking 'n faktuur vanaf Markon Rentals ontvang. Die deposito moet 4 weke voor die inklokdatum vereffen wees. Geen toegang word toegelaat tot die eenheid voordat alle fooie en depositos vereffen is nie. Geen kontant sal op die perseel geneem word nie.

Let asseblief daarop dat die skoonmaakfooi wat gehef is 'n vertrekskoonmaak- en linnefooi is. Dit is nie vir skoonmaakdienste tydens verblyf nie.
'n Daaglikse addisionele skoonmaakdiens is beskikbaar teen R200 per dag. Dit moet asseblief vooraf gereël word. Hierdie is slegs 'n basiese skoonmaakdiens - dit is nie 'n voldag skoonmaakdiens nie.

Geen ekstra gaste, bo en behalwe die aantal beddens, sal in die woonstel toegelaat word nie. Indien ekstra gaste in die eenheid gevind word, sal onmiddellike uitsetting plaasvind.
Rook is verbode in die eenhede.
Geen wasgoed mag oor die balkonreling gehang word nie.
Die volume van musiek en geraas moet ten alle tye op 'n aanvaarbare vlak gehou word.

Inkloktyd is 14:00 - gedurende vakansieseisoen kan ons u ongelukkig nie vroeër akkommodeer nie (buiteseisoen kan u vooraf met ons kontak maak om seker te maak of die eenheid vroeër beskikbaar is).
Uitkloktyd is stiptelik om 09:00.
Die dame wat u inboek by die eenhede se naam is Louise - haar nommer sal na bevestiging van die bespreking vir u gestuur word. Reël asb vroegtydig met haar sodat sy vir u die sleutels van die eenheid kan bring en u kan laat inklok. Sy is nie permanent op die perseel nie, so dit is belangrik om u inkloktyd met haar te bevestig. Stuur asseblief vir Heliose en Markon Rentals 1 of 2 alternatiewe kontaknommers.

Handdoeke word nie voorsien nie, bring asseblief jou eie bad- en swemhanddoeke saam.

'n Klein hondjie word toegelaat in die eenheid - dié bly die verantwoordelikheid van die gas - die hondjie mag nie 'n steuring vir die ander gaste wees nie en moet huis-opgelei wees.

Geen wasgoed en/of handdoeke mag oor die balkonrelings gehang word nie.
Geen harde musiek of geraas word toegelaat nie.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 700
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan 125, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7879612e0ef31e74d5a7965a59dfddedcd080076659df57332303928cfc6d7abd5a68b7bc76f64337be6715d13643d0a989b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 6) 7 5 1 4 125 Marine Drive Margate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -30.866807956177 30.369907021523

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang