Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wild Paradise Cottages

Selfsorg
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 45, Quarry Lane Farms, Gqeberha (Port Elizabeth), 6018, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Wild Paradise Cottages is die ideale wegbreekplek vir diegene wat uit die stadsgedruis wil ontsnap. Die kothuise is op 'n 6 ha-erf langs die Kragga Kama Wildtuin geleë en word deur die natuur en wild omring - gaste sal soms die leeus se gebrul hoor. Dit is ook lekker naby gesinsvriendelike aktiwiteite, strande en restaurante en is net 3 km vanaf die naaste dorp en winkelsentrum. Of jy nou 'n paartjie, 'n sakereisiger of 'n gesin is, Wild Paradise Cottages is die ideale plek om gehaltetyd in die natuur deur te bring.

Verblyf word in 3 pragtige kothuise van verskillende groottes gebied. Die kothuise het gemaklike beddens en privaat badkamers. Linne en handdoeke word voorsien. Elke kothuis het 'n kombuis wat vir selfsorg toegerus is en 'n lieflike sitkamer met gemaklike rusbanke en 'n TV met stroomdienste. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Elke kothuis het 'n lieflike buite-area met sitplek, draagbare braaigeriewe en 'n uitsig oor die vrylopende springbokke, sebras, blesbokke, blouwildebeeste en Speedy, die skilpad, wat by Wild Paradise Cottages woon. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Erfdeel 45, Quarry Lane Farms, Gqeberha (Port Elizabeth), 6018, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 550
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 550
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 45, Quarry Lane Farms, Gqeberha (Port Elizabeth), 6018, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA36552f025f02eb6661ceeab1ed6d3f8b6a0902fa5cca007353223d19a9309c06cca6eda71e52d5a5ff9668dab1d9ab541c12?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4) Quarry Lane Farms, Plot 45 Wild Paradise Cottages 6018 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.976471675463 25.458622330723

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang