Verified Reviews
Ballito
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ballito
Rated 4.7 out of 5 based on 1106 reviews.
"Baie mooi, maar ook redelik rustig buite seisoen. Sou sê dit is goed vir mense wat die see waardeer en vir iets minder besig en meer veilig as sentraal Durban soek."
"Ons geniet Ballito ten volle elke keer as ons daarheen gaan met vakansie."
"Lieflike restaurante met heerlike kos te kies en te keur. Kan beslis Ryan's Kitchen aanbeveel."
"Ballito het 'n mooi skoon en stil strand. Naas die Kaapse strande verkies ons Ballito omdat daar minder mense is en dus het ons lekker spasie om te loop en die see ten volle te geniet. Sal verseker Ballito aanbeveel."
"Die landgoed is besonders. Iets om te beleef. Dit is baie veilig en bied 'n verskeidenheid aktiwiteite, veral vir kinders."
"The mall, airport and beach are close by. What a wonderful stay I had. Can't wait to go back."
"Ballito self het al die nodige fasiliteite, maar die strand self was nie vir my geskik vir swem nie. Ek moet ook erken dat die weer heel moontlik 'n rol daarin kon speel, maar met die hoeveelheid rotse is die kanse tot besering baie groter. Daar is genoeg sitplekkies op die boardwalk om die "view" te aanskou en vir die ouer mense wat net wil ontspan. "
"If the shark nets are removed, then swimming is not allowed. This has happened on 2 visits now."
"Vir 'n wegbreek, is daar beslis genoeg eetplekke om elke ete op 'n ander plek te eet. Waterberry Tea garden is 'n moet. Van ontbyt, koek en tee tot etes, heerlik en baie mooi. Die strande is skoon en veilig. Kan lekker lang ente stap op die paadjies. Ons uitsig oor die see was 'n groot plus."
"Genoeg strande en nie oorbevolk nie. Jammer, daar is nie rerig 'n koffiehuis of so op die strand nie."