Verified Reviews
Bloemfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bloemfontein
Rated 4.1 out of 5 based on 2068 reviews.
"Behalwe dat hier nie 'n see is nie, is Bloem 'n lekker stil stad met al die winkels wat jou hart begeer."
"Was en is nog altyd 'n baie lekker plek vir ons. Hopelik tree ons eendag in die Rosestad af."
"Bloemfontein het baie om te sien en te doen. Vir die plattelanders het dit nog baie winkels ook."
"Good area. Lots of shops around for your every need. Felt safe and secure."
"Universitas was naby Heuwelsig waar ons ou vriende gaan opsoek het en ons het nooit onveilig gevoel nie."
"Dit skep 'n veilige en maklike bekombare omgewing weg van die stad se geraas, maar tog ook naby alles wat nodig is vir 'n oornag of 'n paar dae se wegbreek."
"As dit net vir oornag is voldoen dit aan die nodige behoeftes van 'n toeris."
"Glen is rustige plekkie, besoek die winkeltjie daar, jy word nog soos 'n spesiale kliënt deur die toonbankassistant behandel."
"Mooi stad en vol jongmense wat dit net daardie "vibe" gee en mens sommer ook weer jonk laat voel."
"Dit is lekker sentraal en ons was naby Grey Kollege en Mall, waar ons elke dag na toe gegaan het vir die Skole rugbytoer."
"Daar is genoeg gastehuise wat baie sentraal geleë is in die omgewing wat 'n veilige en luukse oornagplek beskikbaar stel vir iemand wat 'n kind het op universiteit of sommer net vir toeriste wat deur Bloemfontein reis en 'n plek soek om te oornag of vir 'n paar dae te bly vir besigheid."